Posted on 03 March 2011

Vir die Leefstyl-program het Christell Venter eerstens wenke gegee oor hoe om kaste te organiseer, en toe vir lede wenke gevra. Sy het vertrek vir vertrek behandel, en almal het ywerig deelgeneem. Organisering lewer onskatbare resultate!


1. Sit iets dadelik op sy plek.
2. Leer man en kinders om netjies te wees.
3. Moenie opgaar nie.
4. Strokies hoef slegs 5 jaar gebêre te word.
5. Strokies en Handleidings van elektroniese apparaat moet apart gebêre word.
6. Vra rekeninge elektronies aan en spaar 'n boom.
7. Liasseer goed in skoendose.
8. Sit messegoed afskortings in laaie.
9. Fotostateer inhoudsopgawes van handwerktydskrifte en liasseer - om vinnig
    na te slaan watter tydskrif benodig word.
10. Bêre foto's op CD's.
11. Mandjies vir opgerolde handdoeke en vir al die botteltjies in die badkamer.
12. Outydse hangkaste kan vir pakplek ingerig word.
13. Sit naamplakkers op laaie.
14. Vakuum verpak wintersklere en komberse.
15. Plaas entstowwe in 'n aparte houer in die yskas.
16. Hang fietse in die garage op.
17. Slaan botteltjies se deksels aan die onderkant van rakke in die garage vas,
     en draai die bottel dan in sodat dit hang.
18. Maak lysies om jou te herinner.

 

 

N.a.v. ons voortdurende opleiding in rekenaargeletterdheid, het Christell Venter verduidelik hoe die "SNIPPING  TOOL" werk wat van die Internet afgelaai kan word. Daarmee kan 1 item uit 'n bondel op 'n prentjie gehaal word en apart gestoor word op die rekenaar.

 

Vervolgens het Ilse van Vuuren 'n kookkompetisie aangebied waaraan 2-2 in 'n span moes deelneem. Elke span het 'n paar bestanddele en kombuisapparate gekry, en slegs 20 minute om iets daarmee aanmekaar te slaan. Aartappelgeregte en selfs 'n biefburger-op-'n-stokkie is aangebied!

 

Philna & Antoinette van Pletzen probeer kop of stert uitmaak van die bestanddele....

 

 

Mariana van Pletzen en San Wagenaar is darem al goed op dreef.......


 

Daar was 'n taamlike geskarrel óm die enkele stoof .......!

 

 

Ná die tyd kon almal darem proe aan die "Let's Cook"-pogings! Christell Venter sit regs met Lucia Lieberum, Mariana van Pletzen, San Wagenaar en Ilse van Vuuren agter haar. Links sit Philna van Pletzen en Veronica van Vuuren.

  

 

 

 

Comments are closed