Posted on 06 March 2011

Sirkel Suid-Ooskus se 79ste Konferensie het op 2 & 3 Maart in Kareedouw plaasgevind. Onder die leiding van die Sirkelpresident, Mercia Üngerer, die bestuur en ywerige lede van die gasheer tak, Kareedouw,  het al die afgevaardigdes en waarnemers die Konferensie geniet, en dit as leersaam en opbouend ervaar.

 

VLVK  tema vir 2011 is : Aanhouer wen / Never give up ! Die volgende sprekers het dié tema goed toegelig soos volg :

 

OPENINGSREDE :  Nellie Stapelberg

Sy lees voor uit Gen 12 : 1 – 9 en verwys na Abraham wat ‘n opdrag van die Here gekry het om te trek , sonder dat hy weet waarheen. In Kanaän het hy volhard met sy roeping.
Sukses berus i) om ‘n mikpunt te hê en ii) om klaar te maak!
Die wegspringplek is entoesiasme , die toets volharding -  al is die opdrag lank en uitgerek.  Aanhouer wen!
Bemoedig jou kinders, vriende ens met entoesiasme – die opsies is “swem” of “sink” .
Ons is soos atlete wat met ‘n brandende fakkel hardloop. Almal wat oor die wenstreep hardloop met sy fakkel brandend, is wenners, nie net die eerste een nie.
Pak die taak aan in geloof en vertroue op God, om ook eendag van Hom te hoor : Mooi so, goeie en getroue dienskneg !       

 

GASSPREKER :  Natania Schmidt

Om aan te hou beteken om te volhard !
Volharding is om jou doel te bereik, om sukses te behaal.
Dit gebeur nie by almal teen dieselfde tempo nie – sommige vat langer om daar te kom. Daar is geen wenresep daarvoor nie, maar hang af van jou ingesteldheid.
Volharding staan op drie pilare :
• Energie : is die krag wat jy nodig het om handeling uit te voer. Dis om ‘n kragtige strewe te hê na ‘n doel.
• Entoesiasme : is die geesdrif wat jou besiel . Sonder dit raak jy onbetrokke.
• Empatie : is in voeling wees / inlewing van ‘n situasie. Dis die beweegrede tot ‘n kopskuif.
As jy ‘n “trippel E vrou” is, dan :
Maak jy ‘n verskil in die kwaliteit van jou eie lewe en ander op jou pad.
Lewe jy nie “onder die omstandighede “ nie, maar hou jy aan, ten spyte van omstandighede.
Word volharding na sukses ‘n ingesteldheid.
Is jy slim genoeg om te besef dat jy jou reserwes moet opbou en jouself tyd moet gun uit die maalstroom van die lewe.
Onthou: Ons hoef nie buitengewone dinge te doen nie – ons hoef net klein dingetjies met buitengewone entoesiasme te doen.

 

Beriggewer: Elna Burger  (Sekretaris Sirkel Suid-Ooskus)

 

 

   

 

Mercia en lede van die Sirkelbestuur.

 

 

 

 

Blomme uit die tuin van ons President vir Mercia Ungerer, Sirkelpresident SOK.

 

 

Comments are closed