Posted on 16 March 2011

Ek is baie opgewonde oor die prestasie van die Vriendinne tydens Sirkel Tygerberg se onlangse konferensie.  As ‘n tak wat nog nie eers ‘n volle twee maande oud is nie, het ons besluit dat ons darem iets wil inskryf vir die kompetisie afdelings. Ons het tussen ons besluit wat op kort kennisgewing bereik sal kan word.

 

As VLV Joostenberg Vonkel Vriendinne het ons in die volgende afdelings deel geneem:

Gebak:  Klapperkoek
Gedroogde Blomme:   Verwelkomingsruiker vir die Bruidspaar
Prosa:  Katastrofe met die Bruidstabberd
Vars Blomme:  Beginnersklas – Gaste tafelruiker
Fotografie:  Foto van die toekomstige Bruidspaar

 

Met min verwagting het ons, ons inskrywings deur die proses laat verloop, en was baie opgewonde om te hoor dat ons uit die vyf stukke wat ons ingeskryf het, drie 2de plekke behaal het.

 

Anelda Louw: 2de plek vir vars blomme


 

Wendy Visagie: 2de plek vir fotografie


 

Juanique Vorster: 2de plek vir prosa

 

 

Ons punte in al drie kategorieë was bo 75%, dus sal ons fotografie en prosa ook tydens kongres beoordeel word.

 

Beriggewer: Juanique Vorster

Comments are closed