9 Maart 2011
Gasvroutak – Vredenburg, aangebied by Hoedjiesbaai Hotel te Saldanha
Opening – Ds Jan-Harm Barkhuizen – Hervormde Kerk
Groeteboodskappe – Goeie wense ontvang van VLVK President, mev. Erika Lubbe
Presidentsrede en verslag - Me Louwna Hoving: Tema vir die jaar – Aanhouer Wen!
Verskeie redes wat ‘n bedreiging vir jou lewe of jou vereniging kan wees: Gebrek aan visie; Identiteitskrisis; Gebrek om uitdagings te aanvaar; Weerstand om te verander; Gebrek aan samewerking; Liefdeloosheid; Gebrek aan geesdrif. Alles hierdie punte is negatief en ons tema is dan aanhouer wen! Moenie weghardloop vir uitdagings nie, hardloop na die uitdagings toe. Hou aan om te wil wen – Aanhouer wen!
SPREKER – Me Martelize Brink van RSG.
As gevolg van ‘n gesondheidskrisis op 14 jarige ouderdom, het ‘n rolstoel deel van haar lewe geword. Sy beoefen die beroep as omroeper van 2000. Sy het in haar lewe gevoel dat sy hier kan vasval, maar sy het besluit om elke keer ‘n nuwe tree te tree. Wanneer jy by ‘n struikelblok kom, is dit ‘n gids vir jou hoe jy die pad vorentoe moet loop - die pad na rehabilitasie. Haar waarheid is wat sy vir ander kan beteken. Wat beteken wen en sukses vir haar? Haar wens is dat ons vroue die Aanhouer wen in ons lewe sal kry! Elke vrou moet ‘n belangrike rol in haar gemeenskap wees, ondersteun mekaar, sodat ons as vroue kan sê: EK het gewen! en anderkant uitgekom ten spyte van opofferinge en terugslae.
Die ses saamroepers het met die volgende goeie aanbiedinge nuttige wenke aan konferensiegangers deurgegee:
OPENBARE SAKE – Saamroeper: Ann Meyer
Madelie Wiid – toerisme: West Coast Escape
LANDBOU EN TUINBOU – Saamroeper: Gina Smit
Emerenthia Nel - Voedselveiligheid - Bergrivier streek gesondheidsafdeling
KUNSTE EN HANDVLYT – Saamroeper: Marlene Dirkse van Schalkwyk
Cora Olivier - Fotografie die neem van goeie foto’s
OPVOEDING EN KULTUUR – Saamroeper: Estelle du Plessis
Estelle du Plessis - Wat maak ‘n ouma/ma anders?
GESONDHEID – Saamroeper: Elmarie Cumpsty
Elmarie Cumpsty - Die vrou en haar gesondheid
LEEFSTYL – Saamroeper: Henriette Smit
Elizabeth Cloete - Wenke vir 2012 kompetisies
PRYSUITDELING: Die prysuitdeling is deur mevv. Louwna Hoving en Henriëtte Smit behartig en mev. Marlene Dirkse van Schalkwyk van Citrusdal het die trofeë oorhandig.
MEESTE PUNTE – HUISVLYT : Rosa Lategan trofee: Moorreesburg
MEESTE PUNTE – HANDWERK : Lambertsbaai trofee: Langebaan
MEESTE PUNTE–KUNS & HANDVLYT : Louwna Hoving skild: Graafwater/Langebaan
MEESTE PUNTE – TOTAAL : Porterville trofee: Langebaan
10-UIT-10-TAK : René Louw trofee: Redelinghuys
Konferensie 2011 is op ‘n hoë noot afgesluit – konferensiegangers vorm ‘n vriendskapskring en sing Sal ons ou kennisse ooit vergeet.
Beriggewer: Elmarie Cumpsty


