Posted on 20 March 2011

Portefeulje: Openbare Sake, Leefstyl

 

Annatjie Joubert, van Oranet Internet Dienste,  gee inligting rondom Internet gebruik en die stuur van e-pos. Sy wys ons hoe om op die VLV se webblad in te gaan en vertel meer oor Facebook, Twitter, ensovoorts.

 

Celesté van Niekerk wys vir ons om van 'n gewone stuk voeringlap iets besonders te maak. Gebruik sintetiese voering. Sny vir jou 'n romp, broek of bostuk twee keer groter as normaal in die breedte. Doop materiaal in asynwater.  Maak materiaal in breedte van links na regs bymekaar in 'n lang "wors" en begin om die "wors" van onder na bo te knoop. Nadat die lang stuk lap geknoop is van bo tot onder, plaas in mikrogolfoond op hoog vir ongeveer 2 minute. Toets of daar genoeg kreukels is deur een knoop los te maak. Pasop! Dit is baie warm.  As daar nie genoeg kreukels is nie plaas vir 'n verdere minuut terug. Pasop vir aan die brand slaan. Laat net so afkoel. Maak knope los en laat so gekreukel droog word. Nou kan kant aangewerk word en rek vir die middel of enige ander versierings.

 

Lené van der Walt het gedemonstreer hoe om 'n heerlike klam sjokoladekoek in die mikrogolfoond te bak in 'n 2 liter roomysbak.

Comments are closed