Posted on
29 March 2011
René Visagie, wat vanjaar alreeds 30 jaar lid van VLV is, het in 1981 by die Rhenoster-Vis VLV-tak aangesluit. René staan links op die foto. Sy het verskeie jare as hul takvoorsitter gedien en het ná die tak ontbind het by Hantam VLV as visevoorsitter en saamroeper in verskeie portefeuljes gedien. Margaretha van Eeden, erelid van Hantam VLV en jarelange VLV-vriendin van René, staan in die middel op die foto. Sy het die kenteken aangesteek. By hulle is Hantam tak se voorsitter heel regs, Karin van der Merwe.

Riana van Niekerk het in 1961 aangesluit by die Rhenoster-Vis VLV-tak, waar sy 6 jaar as Voorsitter gedien het. Sy is in 1983 verkies as Namakwaland se Sirkelpresident en in 1984 verkies op VLVK se hoofbestuur as Saamroeper in die Landbou portefeulje. Riana, wat links op die foto staan, is vanjaar alreeds 50 jaar lid van VLV...voorwaar 'n mylpaal! Margaretha van Eeden, erelid van Hantam VLV staan in die middel op die foto. Sy is al vir jare Riana se VLV-vriendin en mentor, was selfs destyds haar onderwyseres en het daarom, heel gepas, haar kenteken aangesteek. By hulle is Hantam tak se voorsitter, Karin van der Merwe, regs op die foto.
