Posted on 30 March 2011

Tydens die pas afgelope Sirkelkonferensie van Namakwaland, het Hantam VLV die trofee vir die tak met die 5de meeste punte gewen, met 11 baie goeie inskrywings. Ons deel ook met Vredendal tak die trofee vir die tak wat persentasie-gewys die meeste nuwe lede gewerf het. Daarmee saam het Adolene Nel 'n trofee gewen met haar besonderse korset in die masjienwerk-afdeling, asook een met haar feestelike en fyn nagrokkie in die omsluitmasjien-afdeling. Al 5 haar inskrywings het egter 'n prys gewen en Janine Brynard het 'n trofee gewen vir die Boekbespreking.

 

Hantam VLV se 5 trofeë:  Karien van Schalkwyk, sirkelpresident en lid van Hantam VLV, ontvang saam met die tak se afgevaardigdes, Janine Brynard en Emjee Louw, by Dr Melané Coetzee (2de van links) al die tak se trofeë tydens die prysuitdeling by die Sirkelkonferensie.
 

 

Adolene kry 2 trofeë:  Adolene Nel verower die trofeë vir Masjienwerk en Omsluitwerk.  Karin van der Merwe, Hantam tak se voorsitter, oorhandig dit aan haar op takvlak. 

 

Comments are closed