Posted on 30 March 2011

Portefeuljes: Leefstyl en Openbare Sake
Beriggewer: Marthie van der Westhuizen

 

Met Douglas tak se vergadering op 15 Maart, het voorsitter Linzetta Smit 'n tjek aan mev. Leonie Meyer, skakelpersoon van die Helpende Hand Fonds Douglas, oorhandig. Die fondse is geoormerk vir behoeftige gesinne binne die gemeenskap. 

 

Mev. Marlie Visser het inligting verskaf hoe om lig te reis, om onnodige bagasie uit te skakel, sodat 'n paar nuwe kledingstukke oorsee gekoop kan word.  Mev. Annalise Heynecke het 'n kleurvolle demonstrasie gelewer hoe om vilthoedjies en viltkrale te maak vir die komende winter. Mev. Marthie van der Westhuizen het 'n tuinrangskikking om jou gaste te verwelkom, gedemonstreer. Die fokus is ook geplaas op die komende Paasfees, en elke lid het 'n paaseier, kruisie en 'n Paasgedig ontvang.  Die hoogtepunt van die dag was die viering van die tak se prestasies by die afgelope VLV Konferensie te Tadcaster. Die tak het nie net die meeste inskrywings gehad nie, maar is ook aangewys as algehele wenner van die konferensie.

 
Mev Annalise Heynecke demonstreer die maak van'n vilthoedjie.

 

 

 

Mev. Linzetta Smit (voorsitter van Douglas tak) oorhandig tjek aan mev. Leonie Meyer (Helpende Hand Fonds Douglas).

 

 

Trofee wenners tydens die VLV Konferensie Tadcaster. Van links: Juliana Bruwer (gebak), Linzetta Smit (voorsitter, algehele wenner trofee), Sus Jansen (breiwerk), Mariaan du Raan (hekelwerk en wisselafdeling), Petro Badenhorst (skryfkuns), Annelien Swiegers (weefwerk),  Ronel Bornman (sekretaresse: tak met beste vordering), Adelien Badenhorst (handvlyt), Adele Cilliers (taklid).

 

 

Comments are closed