Posted on 03 April 2011

VLV Slot van die Paarl het die 59ste Konferensie van Sirkel Paarl aangebied op 17 Maart 2011.

 

Dit was van die begin af ‘n spanpoging onder leiding van die voorsitter, Bokka Wagenaar. Aangevuur deur die tema DIE BRUID, het Slot die teenwoordiges uitgenooi om die KOMBUISTEE te geniet. Die afgevaardigdes is bederf met ‘n geskenksak (gemaak van ‘n vadoek waarvan die stiksel weer losgetrek kan word) en “Love is in the air” was teenwoordig in handgemaakte mosaïekharte.

  
Een van die taklede, Frouwien du Toit, verteenwoordig die Sirkel op die Gesondheidsfasiliteitsraad. In haar verslag het sy melding gemaak dat basiese gesondheid ‘n menseREG is. Staatsgesondheidsdienste in die Wes Kaap word gegradeer volgens 3 diensvlakke nl. vlak 1 (distrikshospitale waar voltydse dokters mediese dienste lewer saam met plaaslike klinieke in primêre sorg, geen spesialiste), vlak 2 (streekshospitale waar spesialiste ook voltyds in diens is soos bv die nuut opgeknapte Paarl Hospitaal) en vlak 3 (akademiese hospitale nl. Tygerberg, Groote Schuur en Rooi Kruis). Die hele konsep van verskillende vlak hospitale berus op die uitgangspunt van bekostigbare staatsmediesedienste en die voorkoming van opeenhoping – ‘n ‘siftingsproses’ (vanaf die kliniek kan ‘n pasiënt verder verwys word).

 

Om as afgevaardigde na ‘n Konferensie te gaan, is altyd ‘n voorreg, want in een dag word jy bederf in al 7 portefeuljes van die VLV en nog meer!  Hierdie keer was dit Slot van die Paarl se beurt om ook ‘n bydrae te lewer tot hierdie bederf t.o.v. die atmosfeer en die ete-en-drinke; iets waarin hulle uitmuntend geslaag het!!!!

 

 

Van Slot se wen-inskrywings.

 

 

Alice Swanepoel, sekretaris, by haar skoondogter se trourok wat 'flair' verleen het aan 'Die Bruid'-dag.

 

 

Erika Lubbe, VLVK President, oorhandig een van Slot se drie bekers aan die voorsitter, Bokka Wagenaar.

 

 

Wenner van vele pryse, Aletta Keyser, saam met Erika Lubbe, VLVK President.

Comments are closed