Posted on
04 April 2011
Wellington se VLV lede het tydens hulle Maartvergadering meer geleer oor kuns.
Dalene Buckle is 'n vaardige spreker sowel as 'n uitstekende kunstenaar. Sy skilder in verskeie mediums en is ook baie bedrewe as kunsonderwyser. Baie inwoners van Wellington kry by haar skilderklas en almal praat met lof van haar liefdevolle geaardheid.
Sy het ons vertel dat kuns nie net 'n stokperdjie is nie, maar dit het ook 'n wonderlike terapeutiese waarde vir diegene wat dit beoefen. Dit doen vir die brein wat 'n gimnasium vir die liggaam doen. Kuns ontwikkel die brein se vermoë om te dink, om fyner te kyk na detail en ontwikkel ook die hand en oog ko-ordinasie.
Daar was etlike skilderye van Dalene sowel as van haar leerders; dit was 'n lus vir die oog en het ons behoorlik lus gemaak om na die kwas en verf te gryp.
Beriggewer: Petro Greeff
