Posted on 04 April 2011

Opvoeding en Kultuur se Joyce Marais het wyshede gedeel soos "If it is to be, it is up to me!"en "Believe in miracles - Don't quit!". Ook wenke oor "Hoe om 'n goeie VLV-lid te wees", en "10 Eienskappe om 'n week te begin". By lg. het sy o.a. gesê:


1. Dink positief; 2. Wees kalm in denke en optrede; 3. Wy jou energie aan iets groter as jyself; 4. Glo dat jy KAN; 5. Glo in Gebedskrag; 6. Verwonder jou in die alledaagse; 7. Die weg na geluk is geen haat of kwellings, verwag min en gee baie, vergeet jouself en dink aan ander; 8. Vergeet die teleurstellings van die verlede; 9. Vermy negatiewe mense; 10. Glo en Oorwin, want Aanhouer wen!

 

Inligting oor Frankryk is gegee en opgekikker met uitstallings. Daar is afgesluit met 'n vasvra.
Port St Johns en Lusikisiki is dorpe van die Pondoland-streek, maar ook Qumbu (waar Nelson Mandela grootgeword het). Die hoefyster-eiland in die Nzimhlovurivier naby Flagstaff is 'n groot toeriste-aantreklikheid. Die Pondo's se hoofvoedel is putupap en vis.

 

Tydens 'n Kersseremonie is 3 kerse opgesteek: vir VLVK, vir Frankryk, en vir Pondoland.

          

Beriggewer: Antionette van Pletzen

 

Op die foto is Joyce Marais by een van haar uitstallings, en die ander foto is haar Pondo-uitstalling.

 


 

 

Comments are closed