Posted on 18 April 2011

PORTEFEULJE: Opvoeding & Kultuur

 

Wat ‘n interessante vergadering – lede het aangetrek om ‘n beroep / kultuur voor te stel. Verskillende beroepe soos die mediese personeel / arbeiders op plase, Chinese dames, Afrika dame, ens. was voorgestel.

 

Hammie Mouton, plaaslike leerkrag van Eendekuil was die spreker. Haar passie is om kinders met leerprobleme te help. Sy het 4 leerders van Eendekuil Primêr saamgebring, wat die lede vergas het met ‘n kindergebed en storievertelling. Elke lid het ontvang: ‘n houtbord, bal rooi klei, asook ‘n afdruk van ‘n padda met kolletjies daarop. Hammie wys aan die lede op watter maniere sy die kinders se fyn motoriese spiere ontwikkel – ja deur met klei “te speel”. Die klei word in klein ronde balletjies gerol sodat dit mooi op die kolletjie van die padda pas. Hierdie “grootmens” kinders het dit terdeë geniet, om sommer net weer kind te wees. Elkeen is beloon met ‘n sterretjie… ja, so reg uit die vroeë skooljare.

 

Die sameroeper, Jolene Mouton, het ‘n aanbieding gedoen oor ‘n skootrekenaar se werking en Skype – die manier hoe jy met jou familie / vriende kan kommunikeer. Sy het juis met haar dogter, wat tans in China is, via die Internet & Skype gepraat, tydens die vergadering. Sy noem dat Skype vir haar wonderlik is. Net die wete sy haar dogter kan sien en hoor praat – dit help baie met die verlange.
 

Beriggewer: Elmarie Cumpsty

 

 
Die laggende verpleegpersoneel, Mariechen Oppel, Anetta Blaauw, Dawn Gildenhuys, Johanna Rossouw.

 

 

 

Trofeëwenner konferensie 2011, Jolene Mouton ontvang die trofeë van Elmarie Cumpsty voorsitter – 1ste plek vir Gebak – Sjokolade rolkoek.

 

 


Jolene Mouton – Opvoeding & Kultuur sameroeper, Chinese uitrusting & rekenaarles.

 

 

 


Hammie Mouton - spreker.

 

Comments are closed