Posted on
06 May 2011
Portefeulje: Kuns & Kultuur
Tydens ons onlangse Kuns & Kultuur vergadering het Riana Uys van die plaaslike winkel “The Craft Shoppie” ons kom leer hoe om te werk te gaan om ‘n spieëlraam te mosaïek. Beplanning, sowel as kleurkombinasie is baie belangrik. Gebruik enige houtlym wanneer jy op hout werk en op glas kan jy silikon gebruik. Wanneer jy begin met mosaïek, is jou enigste groot uitgawe die aankoop van ‘n tang waarmee jy die teëls sny. Jy kan egter sonder dit klaarkom omdat jy deesdae jou teëls klaar gesny en verpak kan kry. Sy bied ook klasse aan vir belangstellendes.
Ada Cornelissen het ‘n paar wenke voorgelees vir die neem van winterfoto’s. Onthou om jou batterye warm te hou, want koue batterye sal glad nie werk nie. Wanneer jou lens toewasem, los dit sodat dit self ontwasem voor jy die kamera gebruik. Moet dit nie probeer afvee nie, dit sal net weer toewasem. Onweer kan sorg vir die mooiste winterfotografie.
Tydens die vergadering is die trofeë wat tydens die afgelope konferensie ontvang is, oorhandig aan die volgende lede:
- Lettie de Bruin - Reneé Fourie trofee : Hoogste punte Borduurwerk
- Lettie de Bruin - Elma de Kock trofee : Mees Uitstaande artikel : Handwerk
- Pam Donkin – Rapportryers trofee : Wisseltrofee vir bevordering van kultuurhistoriese artikels wat kan uitsterf, spesifiek die Ringkussing
- Marie Spamer - Fransie Smith trofee : Meeste punte vir Kongresartikels
- Mia Landers - Dupie Beyers trofee : Meeste punte Naaldwerk
- Jossie Swart - Hugo trofee : Meeste punte behaal vir alle Konferensie kompetisies
- Lorraine du Toit - Presidentstrofee : Takprestasie
Jossie Swart en Ann Gunning is die gelukkige lede wat die maandlootjies gewen het. Lede kuier heerlik saam om ‘n koppie tee na afloop van die vergadering.
Om aan te pas by VLVK se tema, word die vergadering afgesluit met die volgende gedagte: “Wanneer die wêreld sê, “Gee op”, fluister Hoop, “Probeer nog een keer.”
Beriggewer: Lorraine du Toit
LNR: Mia Landers, Lettie de Bruin, Marie Spamer, Lorraine du Toit en Jossie Swart met die trofeë wat hulle ontvang het. Afwesig: Pam Donkin wat die Rapportryers trofee ontvang het vir haar ringkussing.

Van die pragtige mosaïekartikels wat vertoon is.
