Posted on 07 May 2011

Vic-Wes VLV se jaar het vol opwinding begin met o.a. die damesoggend by die skou waar Tossie Lochner opgetree het. Net drie weke later is Sirkel Noord-Karoo se konferensie hier aangebied - laasgenoemde het vele mooi oomblikke ingesluit.

 

Ongelukkig is hartseer ook deel van die lewe en moes ons die afgelope week nuus ontvang dat twee van ons helpers met konferensie, me. Erna Marais en prof. Hannes Horne, albei oorlede is.
 

Erna was nie 'n VLV lid nie, maar was behulpsaam met die tafelversierings vir konferensie se aandfunksie. (Ons lid wat dit sou doen, was op daardie stadium in die hospitaal na ‘n rugoperasie). Alhoewel Erna met kanker gediagnoseer was, het sy dit met "waardigheid" hanteer.
 

Hannes was 'n bekende gesig by VLV geleenthede, en altyd gewillig om te help. Hy was 'n bekende (afgetrede) professor in drama en het o.a. die dramadepartement by die Goudstad Onderwyskollege gestig. Hy was ook 'n bekende stem oor die radio . Vanaf 1980 - 1990 was Hannes die uitvoerende beampte by SWARUK in Windhoek. Hy het in 1995 afgetree en was toe die assistent uitvoerende beampte by TRUK. Tydens ons konferensie in Maart het hy ook as seremoniemeester opgetree en deelgeneem aan die aandprogram deur voordrag te lewer.
 

Ons is dankbaar dat ons die twee persone (met hul talente) in ons midde kon hê.

 

Beriggewer: Elize Perrin

 

 

Prof. Hannes Horne.

Comments are closed