Posted on 15 May 2011

Portefeulje: Opvoeding & Kultuur

 

Niek van Zyl, 'n bekende historikus en versamelaar van ou gebruiksartikels, was gasspreker tydens Kimberley-Wes se vergadering. Hy het 'n paar stukke uitgestal om ons te herinner aan die bekende ou kombuisartikels uit ons oumagrootjie en ouma se leeftyd. Hy het ook aan die hand van 'n vrou, Johanna, wat tydens die tyd van die VOC aan die Kaap gewoon het, vertel van die leefwyse in daardie tyd.

 

Dat sy o.a. lief was vir onthaal en dat die tafels gekreun het van die lekkernye by elke geleentheid, hetsy 'n tee of 'n ete. Vertellings het ingesluit die maak van botter, kerse en selfs  kinderskoentjies van leer, waarvan hy 'n paar gewys het as voorbeeld. Interessant was ook die groot, swaar broodsnyer wat jare gelede in gebruik was. Asook 'n oblietjiepan waarmee klein, ronde "plaatkoekies", iets soos "brandy snaps", gemaak is. Mooi fatsoentjies het die deeg versier. Sien foto.
 

Niek van Zyl aan die woord.


 

 

Marlene de Necker, saamroeper saam met Niek.

 

 

Lena van der Watt, 'n stigsterlid van die tak, sê dankie.


Comments are closed