Portefeulje: Leefstyl
Beriggewer: Estelle du Plessis
Dienie Rust, Langebaan tak se saamroeper van Leefstyl, het die Mei vergadering ingelei met baie oulike wenke oor "Hoe kies ek 'n jas".
Jou figuur:
Groot borste: Kies 'n jas met 'n lang, smal kraag wat inkom by die middel en dan uitklok. Vermy 'n jas met 'n belt of oorknoopstyl.
Groot agterstewe: Kies 'n snyersjas wat uitklok oor die agterstewe. Vermy kort baadjies wat bo die agterstewe eindig, asook lang, regaf style.
Geen middel nie: Kyk uit vir 'n styl wat inkom by die middel en detail daar het, amper soos 'n manel, en dra dit oopgeknoop om jou kurwes te wys. Vermy regaf style.
Kort bene: Kies 'n driekwartjas en dra dit saam met 'n langbroek en hoëhakskoene.
Groot heupe: Soek vir 'n driekwartjas met 'n soom wat effe uitklok, of een met 'n groot kraag. Vermy 'n baadjie wat op die breedste deel van jou heupe eindig.
Die kleur:
Vroue met donker hare, wenkbrou en wimpers sal mooi lyk in 'n swart jas, terwyl bruin 'n goeie opsie is vir blondines en brunette met ligbruin wimpers en wenkbroue. Rooikoppe en vroue met silwer in hul hare kan belê in 'n houtskoolkleur jas.
Die materiaal:
Kies een van 'n duursame materiaal en in 'n klassieke styl. Melton- of wolmateriaal is 'n ideale keuse en is in verskillende diktes te kry.
Die spreker van die oggend, René Groenewald, het pragtige klere van haar boetiek, Ikat, vertoon. Sy wys aan ons hoe die laag op laag voorkoms met groot sukses gedra kan word. Soos dit deur die dag warmer word, kan jy net van die boonste lae ontslae raak.
Sy gee ook 'n baie insiggewende uitleg wat die verskillende kleure beteken en hoe dit jou voorkoms kan beïnvloed.
Groen - kalmerend
Blou - kalmte
Geel - "joy, cheerfull, happy"
Swart - onopsigtelik
Rooi - "powerfull and confident"
Wit - "cleansing /new beginning"
Pers - "want to be noticed"/ek is spesiaal
Oranje - energie/"playfull"
Die lede het die vergadering geniet en dit interessant gevind om op 'n informele manier meer te kon leer oor kleur en styl.
Daar was 75 kompetisie inskrywings! Die beoordelaars, Suzette Hougaard en Aletta Heydenrych het omtrent gesweet om betyds klaar te wees met die beoordeling. Ons is baie trots op die lede wat met soveel entoesiasme deelneem aan die kompetisies. Baie van die nuwe lede het ook artikels ingeskryf. 2 Nuwe lede het aangesluit en ons ledetal is nou 94!
.jpg)
René Groenewald, spreker, demonstreer die laag op laag voorkoms.
.jpg)
René Groenewald, spreker en eienaar van Ikat boetiek.

Aletta Heydenrych en Suzette Hougaard (beoordelaars).