Posted on 16 May 2011

Portefeulje: Kuns & Handvlyt

 

Die bekroonde skrywer, André le Roux, het op 10 Mei met Welgemoed tak se lede gesels oor die liefde en sy nuutste boek.

 

André le Roux is geruime tyd al lid van die vrouetydskrif Sarie se redaksie. Hy is tans eindredakteur. André is ’n gereelde rubriekskrywer, met sy gewilde rubriek Op die vrou af (2003) wat al gebundel is. Sy vorige rubrieke wat in Beeld en Sarie verskyn het, is ook gebundel onder die titels Nou ja toe (2001) en Op die man af (2000).

 

Op die vrou af, sy rubriek in die Sarie, word in 2004 ’n volwaardige opvoering met Sarah Theron en Pedro Kruger en Hennie van Greunen as regisseur.

 

Hy is in 2006 aangewys as Media24 se Beste Rubriekskrywer, Media24 se Joernalis van die Jaar en die streekwenner van Vodacom se Joernalis van die Jaar.

 

Die tema van die oggend was die vier seisoene. Heerlike warm sop is bedien vir die Winter, quiche om Herfs te gedenk, pragtige koekies vir die Lente en vrugtestokkies gedagtig aan die Somer. Dit was 'n heerlike gesellige oggend en almal het dit terdeë geniet. Nuwe Sirkelpresident, Caro Ekermans, het ook die geleentheid meegemaak.

 

 

 

 

 

 

  

Comments are closed