Posted on
16 May 2011
Tydends Langebaan tak se Februarie vergadering is die lede gevra om slaapsokkies te brei vir die kompetisie van die Mei vergadering. Alle sokkies wat ingeskryf word sal geskenk word vir liefdadigheid. Lede kon ook 'n ekstra paar brei vir die skenking. Groot was die verrassing toe ons by die Mei vergadering 51 pare slaapsokkies ontvang het.
Die beoordelaars het omtrent gesweet om al die sokkies te beoordeel. Pragtige sokkies is ontvang, selfs sokkies geskik vir kinders. Die sokkies sal deur die bestuur uitgedeel word aan behoeftiges en bejaardes.
Slaapsokkies gebrei deur die lede.

Hilary Nepgen.
