Posted on
30 May 2011
Paarl Sirkeldag 26 Mei 2011.
Om ‘n saal vol deftige vroue, blomme, wyn en ‘n spreker wat liries kan raak oor wyn op ‘n dag bymekaar te bring, kan mos net ‘n wenresep wees.
Die spreker Charles Hopkins, hy is die wynmaker van De Grendel, die plaas van David Graaf, het ons betower met sy netjiese toespraak; hy het statistieke en inligting uitgeryg soos ons lanklaas beleef het. Ons was ook nog bederf om van sy wyne te proe en dit was ‘n oe en ‘n aa soos ons dit geniet het. Die Merlot en Rosè het soos fluweel op die tong gelê, maar vir my persoonlik was die wit wyn bietjie suur. Gelukkig mag ons elkeen ons eie smaak vir wyn hê, Charles het ons die reg daartoe gegee en wie luister nou nie na SO ‘n spreker nie!
‘n Jongman, by name Jacques, het vir ons gesing en ai, dit was so mooi gewees. Die eetgoed was soos gewoonlik heerlik. Daar was ook ‘n paar stalletjies met produkte, juwele, Napier se wyn en handgemaakte kaartjies wat te koop was.
Ons Sirkeldag was ‘n pragdag gewees!!
Beriggewer: Petro Greeff

Die tafel met eetgoed en die mooi proteas was 'n lus vir die oog.

Charles Hopkins, ons spreker en Martha, sy assistent.