Posted on
09 June 2011
Portefeulje: Leefstyl
Datum: 8 Junie
Beriggewer: Elmarie Cumpsty
Ilse Hanekom, Eendekuil se Leefstyl sameroeper, lewer ‘n praatjie oor verskillende soorte suiker en die gebruik daarvan. Almal neem so vanselfsprekend aan dat suiker maar net suiker is – het u geweet dat suiker die “skoonste” voedsel is, wat ons gebruik?
Ilse het gebruike gegee vir die volgende soorte – karamel- / bruin- / geelsuiker. Sy noem dat die lede agterop elke pakkie suiker moet lees, waarop baie handige wenke vir die verbruiker aangebring is.
Lede dek ‘n ontbyttafel, met die tema ‘n Plaasontbyt – die volgende moet dan deel gevorm het van die gedekte tafel:- spyskaart wat bestaan het uit ‘n drankie, 2-gange, vars gebakte muffins en koffie; iets van ouma, wat vir jou spesiaal is. Ses lede het ywerig hulel tafels gedek – kosbare artikels was deel daarvan - gehekelde doilies, vergeelde breekgoed met goue randjies, tafeldoeke, emaljeborde en koeldrankbottels uit ouma se spens.
Eendekuil spog met drie nuwe lede. Een van hul is Mignon Cumpsty, die voorsitter se dogter en tans ‘n Graad 12 leerder – voorwaar ‘n “groot” gebeurtenis vir ma & dogter – sy is die jongste lid van die tak.

Elmarie Cumpsty (voorsitter) steek vir Mignon haar VLV kenteken aan.

Die mees uitstaande ontbyttafel – iets spesiaal van ouma.