Posted on 13 June 2011

Op 24 Mei 2011 het VLV Richmond en die Vrouediens hier ‘n gesamentlike vergadering gehou waar daar baie gelag en gehuil is in ongelooflike aanbiedings…

 

Ronél Cilliers vertel van die humor in hulle dogter Marika, wat epileptiese aanvalle kry, se sêgoed. Annette Viljoen deel met ons ‘n baie sensitiewe oomblik in haar lewe waar sy vertel dat die Here altyd naby is en hoe ‘n gebedsversoek baie vinnig ‘n werklikheid geword het.

 

Kinderpartytjies word onder die loep geneem:
1. Anna Clarke sê kinders van 1 jaar speel langs mekaar – so sit die krat speelgoed neer en laat die ma’s kuier. Neem die roetine van die kinders in ag en gee vir elkeen ‘n pakkie eetgoed wat hy/sy self oopmaak. Neem foto’s van almal. Daar moet ballonne wees.
2. Magdel Venter bak ‘n groot plat koek en versier dit soos ‘n leeu se gesig en maak lekkergoedpakkies vir elke maatjie.
3. Mari Visser hou ‘n partytjie oor middagete en gee pizzas en hamburgers. Lemoene in kwarte gesny, stokbrode in die vuur gaargemaak en doen baie moeite met die verjaarsdagkoek en die uitnodigings. Die kinders help – nie duur of oordadige temas nie. Haar dogtertjie hou eersdaags ‘n Mevrou-Mevrou-partytjie met ouma se hoede en skoene en tee skink by die tafel.

 

‘n Paar dae later het van die lede en gaste ‘n Teesakkievou kursus bygewoon. Al is die kompetisie iets van die verlede is dit nooit te laat om ‘n nuwe vaardigheid aan te leer nie. Soos gewoonlik was dit ‘n lekker gesellige oggend. Juanita du Plessis, voorsitter van Colesberg en haar dogter Helene het ook gekom om die kursus by te woon.

 

 

Annette Erasmus hard aan die teesakkie vou!

 

 

Juanita du Plessis en haar dogter Helene.

Comments are closed