Posted on
22 June 2011
Portefeulje: Vele
Beriggewer: Darena Anderson
Op Woensdag 1 Junie 2011 het ons ‘n heerlike Potpourri-aand, aangebied deur die bestuur, gehad. Die tema van die aand was “Sjerrie & Sjokolade, Slaapklere & Slippers, Sop & Sarmies”

Die dames in hul nagklere, LNR Susan Ebersohn, Serena Anderson, Annalene Ackerman & Gerda Herselman.
Marietjie Albrecht, ons voorsitter, het ‘n demonstrasie gedoen oor hoe om laag-op-laag klere te kreukel en vir ons gewys hoe om ‘n maklike fotohouer te maak met lint en knope. Elke persoon het so een gemaak.

Antoinette le Roux het vir ons ‘n Power Point-aanbieding gedoen oor die neem van foto’s – the do’s and the dont’s.
Gerida Nortje het vir ons meer vertel van mosaïekartikels en voorbeelde gewys.

Van die lede het nartjiekonfyt en sousbone gekook. Almal kon daaraan proe en dit “beoordeel”. Vriendskapsmunte is ook ingesamel vir die Wêreldbond vir Plattelandse Vroue.
Hierna is land en sand gesels en heerlik gekuier om die soppotte.
