Posted on 23 June 2011
Portefeulje: Kuns & Handvlyt
Beriggewer: Petro Spangenberg
Foto: Inone Vorster
 
 
Op 'n koue wintersmiddag het ons 1x1m tafeldoekies geknoop en gedoop vir die volgende vergadering se kompetisie.
 
 
Materiaal word geknoop en vooraf in warm soutwater gelĂȘ. Dan word die kokende kleursel direk daarop gegooi. Dit word bedek en in 'n bak in die mikrogolfoond gekook vir ongeveer 15 minute. Wees versigtig want dit word baie warm en moet met 'n braaitang hanteer word.
 
'n Ekstra koppie water moet in die oond geplaas word om die oond te beskerm. Draai die bondel teen die helfte van die tyd om. Hanteer deurentyd versigtig, want die stoom brand maklik. Spoel dan uit en hang op.

 
LNR Joeks Myburg, Marianne Vorster, Santa Lamprecht, Petro Spangenberg, Ida van Zyl en haar dogter.
Comments are closed