Posted on
30 June 2011
Die VLV Orania het 'n oggendtee vir die senior dames van die dorp in die Volkskool saal aangebied.
VLV gasvrouens het in pare die tafels pragtig gedek en smaaklike lekkernye - koeksisters onder andere natuurlik ingesluit - het die tafels verder versier.
Ongeveer 35 dames het die geleentheid bygewoon. Die saaltjie het behoorlik gegons van die gesels en gekorswel.
'n Groep entoesiastiese VLV lede het saamgespan om verdere vermaak in die vorm van vier verhoogitems aan te bied. Hulle het gedans, gesing en selfs toneelgespeel. Esmien Kruger het as gas sanger opgetree en het 'n amusante, alternatiewe weergawe van "My favourite things" met gewysigde lirieke gesing.
Tannie Annatjie Boshoff het namens die senior dames haar dank en waardering teenoor die VLV uitgespreek vir die aangename geleentheid wat hulle almal terdeë geniet het.

SDT opvoering.
