Posted on
01 August 2011
Portefeulje: Kunste & Handvlyt
Beriggewer: Estelle du Plessis
Agt van ons lede het 'n mosaïekkursus bygewoon. Die lede het pragtige artikels gemaak en dit baie leersaam en interessant gevind. Almal is nou net ywerig besig aan 'n artikel vir die kompetisie op takvlak in Augustus. Ons glo dat dit lede sal inspireer om die kongresartikel vir 2012 te maak.

Hennah Greeff en Hettie Hanekom by Elmarie en Anerie, die twee kursusaanbieders.

Rouxleen Moran, Hennah Greeff, Hettie Hanekom en Grieta Truter konsentreer hard!

Maretha Buckle en Ansie Bronkhorst lyk doodtevrede met hul voltooide artikels.

Die eindresultaat lyk pragtig! Welgedaan!
Agter: Grieta Truter, Ansie Bronkhorst, Maretha Buckle, Hettie Hanekom en Hennah Greeff
Voor: Estelle du Plessis, Rouxleen Moran en Charlotta van Eeden