Posted on
04 August 2011
Portefeulje: Openbare Sake
Beriggewer: Dianne Coetzee
Met Robertson tak se Openbare Sake vergadering was daar twee sprekers.
Lettie van Zyl staan aan die hoof van Robertson se Toerisme kantoor. Lettie het met passie aan die gaste vertel hoe belangrik dit is om ons dorp, wat op die bekende Roete 62 geleë is, te alle tye te bemark. Dat ons almal trots moet wees op ons dorp wat al as die skoonste dorp aangewys is en hierdie jaar moontik weer die eer te beurt kan val. Iets wat slegs kan gebeur as almal met trots hul deel doen om besoekers tuis te laat voel op jou dorp.

Op hierdie foto is Anita Claasen en Emmie Prinsloo (VLV lid) wat die leersame vergadering saamgestel het. Anita staan aan die hoof van ons dorp se Biblioteek. Sy het aan ons al die werksaamhede verduidelik van Streeksbiblioteke en wat alles gepaard gaan met die verspreiding, hantering en aansoeke om boeke tot by die Biblioteek te kry vanaf Hoofkantoor in Kaapstad. Tesame met die moderne tegnieke wat ook nou ingestel word by Biblioteke is dit veel meer werk as net boeke lees en hanteer. Die lede het dit baie geniet om daarna te luister en dit het ons uitkyk op die werk wat Biblioteke en hul personeel aan die publiek bied, totaal verander. Dit was baie leersaam.