Posted on 15 August 2011

Elsa Human (Leefstyl) het ‘n skoolbus vir ons toer gereël en sommer ook bestuur. Op 3 Augustus is by die Kaapse stasie opgeklim. Die eerste stop was Clanwilliam.

 

Hier het Michelle Jansen v Rensburg (Landbou/Tuinbou ) ons ‘n vinnige oorsig gegee van tee en sy geskiedenis, hoe dit verbou word en die verskillende tee’s op die mark. Alle tee’s (groen tee, wit tee, oolong tee, swart tee en puerh tee) is afkomstig van die Camella Sinensis Teeplant. Slegs die knoppie met die boonste twee blare word gepluk en dan gedroog. Omdat ons in die Rooibos wêreld was, het ons ook meer te wete gekom van hierdie kruietee wat so gewild geword het. Elke passasier kon na hartelus tee proe vir die res van die reis.

 

Volgende stop was Carnarvon. Hier het Pieter Snyman, skakelbeampte van SKA (dis die radioteleskoop wat in Carnarvon gebou word om die heelal vannuit die suidelike halfrond te karteer) ons ingelig van die 3 verskillende fases van hierdie projek. Die tweede deel, MEERKAT, begin teen die einde van die jaar. Die impak van hierdie projek hou baie voordele in vir die dorp self en die omgewing, asook vir die wetenskaplikes van SA. Die nadele van die projek, naamlik dat daar geen radio golwe in die omtrek mag wees wat ‘n nadelige effek op die sensitiwe apparaat kan hê nie. Dit sluit in selfone en DSTV. Die dorp self sal nie geraak word nie, slegs enkele boere. Niemand se reg tot kommunikasie sal geraak word nie.

 

In Vosburg se kroeg het ons na  ‘n uitstekende vertoning van Petro le Roux , “Die nalatenskap van Giel Cilliers – van Ferdinand Deist” geluister.

 

Omdat ons deur Afrika oppad was, het Ideka Visser (Gesondheid) ons vertel van malaria. Esme Esterhuizen het saam met Anitha Blomerus ‘n kamp uitstalling gehou en vertel wat alles nodig is en hoe daar gemaak moet word indien jy in Afrika wil kamp. Alles van dokumentasie tot stort is gedek.

 

In Kairo aangekom is ons verwelkom met “Salaam Habibi” deur ons Egiptiese toergids (Rina Coreejes van De Aar).

 

Ons toer is afgesluit met ‘n Morrokaanse ete. Ons gasvrou was Didi Raath.

 


 

ALL ABOARD vir die toer.

 

 

 

Teetafel met ROOIBOS!

 

 

Ivonne Gentle en Sandra Nolte kuier lekker.

Comments are closed