Posted on 27 August 2011

Portefeuljes: Gesondheid, Leefstyl
Beriggewer: Marthie van der Westhuizen
Datum van vergadering: 23 Augustus

 

Magda Tesner en Dulsie Demas van die SANBS van Kimberley het Douglas tak besoek. Hul het die vergadering toegelig in verband met bloedskenking en ook daardeur 'n beroep op almal gedoen met die leuse: Skenk 'n lewe deur bloed te skenk.

 

SANBS is tans opsoek na toegewyde bloedskenkers en almal is gerusgestel dat dit veilig is om bloed te skenk. Daarna is die vergadering ingelig oor orgaanskenking en die prosedure wat gevolg moet word wanneer 'n persoon besluit om 'n skenker te word. Dit is baie belangrik dat so 'n persoon se familie kennis dra van sodanige besluit, en ook die nodige inligting en kontaknommers ontvang.

 

 

Dulsie Demas, Dirkie Blomerus (sameroeper gesondheid) en Magda Tesner.

 

 

Die voorsitster, mev Linzetta Smit het die vreugdevolle nuus aan die tak oorgedra dat hul by die afgelope kongres die algehele trofee ontvang het vir die meeste inskrywings op die kongres. Van die taklede het Mariaan du Raan (vyfde plek in blommekuns), Annelene Swiegers (vierde in weefwerk), Ria Badenhorst (sesde plek in hekelwerk) en Linzetta Smit (vyfde plek in borduurwerk).

 

 

Lede wie se artikels kongres toe was is

voor vlnr: Marietjie Els, Sus Jansen, Ria Badenhorst, Annelene Swiegers, Linzetta Smit (voorsitster). Agter vlnr: Jacoline Erasmus, Alta Grobbelaar, Mariaan du Raan, Juliana Bruwer, Rita Jacobs.    

 

Tydens die vergadering is ook afskeid geneem van Ronelle Bornman, wat die afgelope sewe jaar sekretaresse van die tak was en aan die einde van Augustus Kaap toe verhuis.

 

 

Linzetta Smit en Ronelle Bornman.

Comments are closed