Posted on 31 August 2011

Portefeulje: Leefstyl
Beriggewer: Anita Fourie

 

Diepkloof tak het tydens hul Leefstyl vergadering geleer om kolwyntjies te versier.


Anita Fourie het die lede gewys hoe om ‘n rosie van Jelly Tots te maak. Die lekkertjie word met ‘n skêr in 5 stukkies geknip en die stukkie word dan gedraai om ‘n rosie te vorm.


Lede is ook geleer om ‘n skoenlapper van sjokolade te maak. ‘n Blokkie sjokolade word in ‘n banksakkie gesit; plaas sakkie in warm water; sodra sjokolade gesmelt is, knip puntjie van sakkie oop en gebruik sakkie soos ‘n versierbuis om buitelyn van skoenlapper te trek.

Lede het die dag geniet en lekker gespeel.

 

 

 

 

 

 

 

Comments are closed