Posted on 19 September 2011

Portefeulje: Opvoeding & Kultuur
Berriggewer: Soekie Hauptfleisch

 

Mev. Sunet Stemmet, prinsipaal van Boston City Campus & Business College in Kimberley, het ons kom inlig oor wat die kollege alles bied.

 

Die Boston College is oorspronklik gestig om UNISA studente te ondersteun. Die konsep van die kollege is uniek in die opsig dat die onderrig op ‘n rekenaar gebaseerde leerplan geskied. Elke student werk teen sy eie tempo deur sy studiemateriaal op die rekenaar in ‘n studielokaal.

 

Alle kursusse is in Engels en sluit die volgende studierigtings in:
• IT & Computers
• Sports Administration
• Bookkeeping & Accounting
• Travel & Tourism
• Business Management & HR
• Marketing, PR & Media

Dit bied ook ‘n wye reeks van Nasionaal Erkende Kwalifikasies tot universiteitsvlak, Kursusse is prakties en bekostigbaar. Mev. Stemmet het ‘n passie vir haar studente en haar kampus het die afgelope 3 jaar ‘n 100% slaagsyfer gehad.

 

 

 

Nadat ons geleer het wat Boston College ons kan bied, het die lede vir mekaar gewys en vertel van hulle talente in die “Show and tell” geleentheid. Dit was lekker om te luister waarmee elke lid haar besig hou en om die pragtige handwerk te sien.

 

 

Op die oggend voor ons vergadering, het ‘n paar lede gehelp om ‘n boom te plant. Net buite Kimberley is Platfontein, waar die Boesmans hervestig is. Die Khoisan mense wat daar bly, is in twee gemeenskappe verdeel, naamlik die !Xhun en die Khwe. Ons het albei gemeenskappe besoek en toe ‘n wit els geplant by die kleuterskool van die Khwe gemeenskap.

 

Comments are closed