Posted on
08 October 2011
Portefeulje: Landbou & Tuinbou
Beriggewer: Christel Steenkamp
Datum: 20 September 2011
Griekwastad tak het, as deel van die takprojek, ‘n ligte oggendprogram by Huis Heldersig, plaaslike Tehuis vir Bejaardes, aangebied. Dit was ook deel van die Mandeladagvieringe van die tak.
Senior burgers uit die gemeenskap is genooi om saam te kuier en tee te drink. Nuwe gelamineerde naamkaartjies vir die inwoners se deure is laat maak en by die geleentheid aangebring. Die saamroeper vir Landbou en Tuinbou, mev. Yvonne Ludwick, het gaste vermaak met ‘n prettige voorlesing en mev. Elize Snyman het trekklavier gespeel. Vaderlandswilge is as deel van boomplantdag in die tuin aangeplant.
Eetgoed is saam met die tee bedien en almal het lekker saam gekuier, waarna koekies as geskenk aan al die bejaardes gegee is.

Links is mev Yvonne Ludwick, saamroeper vir Landbou en Tuinbou by mev. Hester Duvenhage, erelid van Griekwastad tak, wat steeds verantwoordelik is vir ‘n groot gedeelte van Heldersig se tuin.