Posted on
23 October 2011
Beriggewer: Alet Colyn
Op Vrydag 21 Oktober 2011 het Sirkel Tygerberg 'n grootse poging aangewend om fondse in te samel. Ons het al ons sorge tuis gelos en ontspan met die Barnyard se Final Countdown vertoning. En het die lede dit nie geniet nie! Ses dekades se musiek is vertolk en ons het almal weer na ons jeug verlang.
Buddy Holly het ons voete laat jeuk en ons het saam met Bill Haley ge-Rock around the Clock. Elvis het sy Blue Suede Shoes aangehad. Die Beach Boys het dit uitgekap en wie sal dan nou die 70's se Smoke on the Water vergeet? In die 80's het ons ook sommer ge-Dance on the Ceiling. Johnny Clegg het die Spirit of the great Heart gehad en ons was almal Footloose. Ons kon terugdink aan verlede jaar se sokker en saam met Shakira Waka-Waka.
O die nostalgie!

Voor die vertoning.

Durbanville tak.

Parow-Oos tak.

Kraaifontein tak.