Posted on
26 October 2011
Beriggewer: Lucia Dorfling
Datum: 22 Oktober 2011
Op 22 Oktober 2011 het Steytlerville VLV hul 75ste verjaardag met swier gevier & ook Intertak vir Graaff-Reinet, Aberdeen, Jansenville & Willowmore aangebied.
Dit was `n gesellige oggend in `n pragtig versierde saal by Noorspoort buite die dorp. Daar was heerlike tee & skons vir die moeë reisigers met aankoms, groeteboodskappe van belangrike mense, `n aangrypende sangsolo deur Karen Strydom en Natania Schmidt het ons vermaak, soos net sy kan, met haar demonstrasie van geskenke ‘opmaak’! Steytlerville VLV het erkenning gegee aan boere in die gemeenskap wat ons die afgelope jare op provinsiale vlak verteenwoordig het. Lucia Dorfling (VLVK Boerderyvennoot 2011) het `n pragtige bos rose ontvang nadat sy die sertifikate oorhandig het. Amore Bekker was die kersie op Steytlerville se verjaardagkoek met haar praatjie oor Kos, Knape & Knoue. Die sjampanje het gevloei en daar is gekuier tot na middagete.

Sertifikate van verdienstelikheid is aan landbou betrokkenes in die gemeenskap oorhandig: LNR Tiboy Deyzel (OP Dorper klub); Danie Bezuidenhout (Cacadu Raadslid) Ernie Deyzel (RPO & NWKV) Annette Deyzel (voormalige sirkelpresident & VLVK bestuurslid); Linda Henderson (Bokhaar Suid Afrika); Albie Jacobs (OKLU & RPO); Martin Dorfling (Agri OK) Lucia Dorfling (VLVK Boerderyvennoot 2011).

Karen Strydom, met die nagtegaal stem, was gaskunstenaar.

Helen Crouse (Ere-sirkelpresident van Middelland) het kentekens aan lede oorhandig: LNR Louise Kilian; Helen Crouse; Lucia Dorfling (20 jaar); Annette Deyzel (45 jaar); Marli du Plessis & Mariska Deyzel.

Reëlingskomitee by Amore Bekker (Annette Jacobs; Annette Deyzel; Amore Bekker & Lucia Dorfling).
