Posted on
30 October 2011
Portefeulje: Landbou & Tuinbou
Beriggewer: Una Engelbrecht
Datum: 27 September 2011
Suid-Afrika is een van die mooiste lande ter wêreld met die rykste biodiversiteit. Dit is ons verantwoordelikheid as Suid-Afrikaners om hande te vat en hierdie skepping te bewaar, ook vir ons nageslag.
Daarom het die VLV Paarl Aandtak dit goed gedink om aan Rusthof Ouetehuis te Klein Nederburg, Paarl, twee lemoenbome te skenk ten einde in hul behoefte vir die toekoms te voorsien.

Op die foto is v.l.n.r.: Charlotte le Grange (sameroeper van Landbou), Marinda Rall (sirkelpresident), Hetta van der Merwe (voorsitter) en me Kleinhans van Rusthof Ouetehuis.