. . . so op die vooraand van die Feesseisoen.
11/2/2011 7:38:47 AM #
Britstown tak het vandag hul afsluiting vir die jaar gehad en dit was lekker om met al die vriendinne te kuier. Lede het kersboompies gemaak wat as tafelversierings gedien het, en na die afsluiting is die boompies in die dorp uitgedeel. Geseënde kersfees aan al ons VLV vriendinne. Ry veilig as jul op vakansie gaan en kom positief en geinspireerd terug vir die nuwe jaar! Kersgroete BritstownVLV
Sunel van Rensburg
11/2/2011 2:50:09 PM #
Bredasdorp het Dinsdag hul afsluiting vir 2011 gehad waar die dek van verskeie kerstafels gedemonstreer is. Lede is getrakteer op komiese voordragte asook 'n paar sangnommertjies. Die taktrofeë is ook by die geleentheid uitgedeel. Almal kon heerlik smul aan 'n uithaler ligte middagete en die allerheerlikste koek en tee vir nagereg.'n Geseënde Kersfees aan al ons VLV-vriendinne - mag julle 'n welverdiende ruskansie geniet. Almal wat reisvaardig gaan wees, kom veilig terug. Mag 2012 vir almal 'n suksesvolle en positiewe jaar wees!Kersgroete van huis tot huis!
Lorraine du Toit
11/14/2011 4:45:49 AM #
Nee wat Natania, ek gee nou moed op!! Niemand wil dan met ons gesels nie, weet nie wat aangaan nie! Dalk gaan dit volgende jaar weer beter, ek hou maar duim vas, want ek kyk elke aand op die blog, maar steeds niks nie!Oestyd nou byna klaar, maar dan moet manlief nog baal ook. Van see toe is daar geen sprake nie, bly maar met Jan Tuisbly se karretjie. Hoop dit gaan darem voorspoedig met al ons VLV-vriendinne, al wil hulle nou nie met ons gesels nie!Sterkte aan almal vir die laaste "stretch" van die jaar, mag julle 'n vreugdevolle kerstyd geniet.
11/14/2011 8:22:55 AM #
Smulkos uit die Kalahari! Baie geluk Annelize en Nellie met die pragtige resepteboek! Wonderlike resepte en die mooiste foto's daarby.
Lynette Martin
11/16/2011 12:04:31 AM #
Ja, Lorraine dit lyk vir my ons (VLV) se asems is uit vir 2011!Ek werk 100 mph aan die Februarie Huis & Haard tot en met 10 Desember!Ons praat weer - al is dit net ek, jy en Natania!Groete uit Redhouse.
11/16/2011 4:41:08 AM #
Wonder ook wat van almal geword het? Ons het al afgesluit vir 2011 en is al reeds aan die gang met 2012 se programme. Almal het nou seker 'n vakansie nodig! Sterkte Lynette met die HH.
11/16/2011 12:17:02 PM #
Lynette!!!! Lekker om ook weer slag van jou te hoor! Sterkte met jou groot taak - weet dit gaan weer 'n uithaler uitgawe wees! Jy moet dan lekker vakansie gaan hou na jou groot taak afgehandel is. Ons praat weer indie nuwe jaar - hopelik gaan die VLV-vriendinne dan weer saamgesels.Groete vanaf die Rûens.
11/17/2011 12:31:28 AM #
Ja,llyk my die jaar het sy tol geeis. Dis afsluit aan die een kant en beplan aan die anderkant. Vic-wes is druk besig met reelings vir skou 2012 wat ons jaarlikse Damesoggend insluit.Aanstaande jaar gaan "Karoostories" deur middel van voordrag en sang vertel word. Vrolike Kersstyd aan al die VLV vriendinne en hul families! Elize Perrin Victoria-wes
Elize Perrin
11/20/2011 5:16:24 AM #
Die broodknippies (breadtags for wheelchairs), kan iemand ons meer daarvan vertel? Hoeveel moet daar wees en wie besluit oor die rolstoele, ens. Ons het alreeds met die vorige "blog" die adres en telefoon nommers gekry. Dankie
11/28/2011 5:50:02 AM #
Lyk my die oesseisoen is later die jaar. Hier in Prieska begin ons nou eers stroop. Die manne brand om te begin stroop. Daar word al om die lande gery om te kyk of die koring al droog is (asof dit nou sal help??!!). Vrouens, staan maar reg met die kosblikke en yskoue water, dit gaan vir die manne baie beteken! Wat hou 'n man dan nou gelukkiger as die stroper- monitor wat 'n goeie oes belowe en ietsie om aan te knibbel?!! Sterkte met almal se Kersfeesvoorbereidings. Kom ons dink rerig kreatief die Kersfees. Een van my vriendinne maak glasbottels bymekaar. Sy gaan vir elke familielid 'n "geheime" tuisgemaakte braaisous bottel met 'n mooi etiket op vir 'n geskenk. 'n Ander vriendin maak vir elkeen 'n boksie met selfgemaakte verrassings in! Nog idees???
Marazaan van Jaarsveld
11/30/2011 7:48:24 PM #
Aandag sameroepers vir Gesondheid: 'n beroep op vlvk lede om asb. op F\B na "Tenmillionstepsforcancer" of "Joppie Fourie" te gaan. N Vader van Oudtshoorn wie sy 17 jarige dogter aan kanker verloor het stap om Suid Afrika ten bate van Kanker. Hy is nou deur Noordwes-Kaap en tans in Griekwaland-Wes (Douglas) Hy waardeer enige bystand,selfs net deur 'n paar kilometer saam met hom te stap lewer ook al 'n bydrae. Moenie vir sy voorkoms skrik nie, die ontberings op die pad in ons "Kalahari" klimaat vat sy tol! Wie beter as ons lede om hiermee "n brug" te bou
Elize de klerk
11/30/2011 7:53:34 PM #
Joppie Fourie Tenmillionstepsforcancer www.tenmillionstepsforcancer.org.za" rel="nofollow">www.tenmillionstepsforcancer.org.za Ten Million Steps for Cancer | Promoting cancer awareness and raising funds for research www.tenmillionstepsforcancer.org.za" rel="nofollow">www.tenmillionstepsforcancer.org.za 5 100 kilometres, 113 towns, approximately one year and Ten Million Steps for Cancer! A man, his love for his late daughter and those who are suffering from cancer, a customised hospital bed and about ten million steps. .
12/1/2011 7:41:56 AM #
Joppie Fourie het vanaf laas Vrydag vir 'n paar dae in Prieska vertoef. Hy het sy storie vir die leerders van Hoerskool Prieska kom vertel. Dit het die leerders so aangeraak dat hul besluit het om "Oom Joppie" te volg op Facebook. Kom VLV- vriendinne, bou die brug verder! Groete