Posted on 05 November 2011

Beriggewer: Helene Hugo
 

Brackenfell tak het op 3 November die groot eer gehad om vir Kay Schietekat, jare lange tesourier, 'n verrassingspartytjie - presies op die dag van haar tagtigste verjaarsdag - te reël. 

 

Die bestuur het as gasvrouens die tafels pragtig gedek. Isabel Swanepoel, 60 jaar lank reeds 'n getroue vriendin en mede VLV lid, het 'n koek gebak waarvan geen krummel oorgebly het nie. Heerlik verby!  Daar was ook 'n groot koek wat '80' uitgebeeld het. Ander eetgoed is in ware VLV tradisie in oormaat voorsien. Die lede het almal hul liefde en waardering vir Kay getoon deur 'n kontantgeskenk saam met 'n pragtig versierde lêer aan haar te gee.  Die lêer bevat bydraes van elke lid wat hul besondere gelukwensings aan Kay verwoord.
 

Vir elkeen wat haar ken, sal Kay altyd die verpersoonliking wees van wat mooi en goed is. Haar liefde vir haar Skepper straal uit alles wat sy doen en sê. Sy skroom nie om 'n vreemdeling aan te spreek as sy reken dat hy skade gaan doen nie.  'n Voorbeeld hiervan, waarvan 'n lid kan getuig, is toe sy 'n straatloper aangespreek het wat 'n brandkraan wou oopdraai vir water: "Moenie oopdraai wat jy nie weer kan toedraai nie.  Jy gaan nog baie trane stort oor hierdie vermorste water!"  Sy het al soveel ingebou in ander se lewens - ons kan net baat deur meer Kay se voorbeeld te volg.
 

Doen so voort, Kay, en bly die pragtige mens wat jy is!

 

 

Groepfoto van Brackenfell tak.

 

 

Kay Schietekat & Fanny le Roux (Voorsitter).

Comments are closed