Posted on 08 November 2011

Beriggewer: Marthie van der Westhuizen
Fotograaf: Janri Haarhoff

Datum: 5 en 6 November 2011

 

VLV Douglas tak, die NG Gemeente se Gasvryheid- en Spysenieringbediening, Blommeklub en Rosenheim Rose het op 5 en 6 November saamgespan om met baie rose, vrolike musiek en lekker kuier, Douglas te laat vergeet van al die sorge van elke dag. 

 

 

Die saal was gevul met kleur, geur, die pragtigste tuinrose en rangskikkings. Een van die wêreld se grootste kenners en kweker van rose, Ludwig Taschner, was die gasspreker tydens ‘n oggendtee, wat deur 180 dames bygewoon is. Sy praatjie, Rose in die Noord-Kaap, was baie insiggewend.

 

Die aand het 200 gaste die fees voortgesit met Sheri Brynard van Bloemfontein as motiveringspreker. Haar entoesiasme, humorsin en positiwiteit het die gehoor op hul voete gehad.

 

Sondagoggend is die naweek afgesluit met 'n lof- en aanbiddingsdiens.  Die sangduo, Deon de Jager en Werner de Beer, van Bloemfontein het die naweek met hul pragtige stemme afgerond.

 

 

LNR voor: Ludwig Taschner, Erika Lubbe (VLVK President) en Wally Nebbe (eienaar Rosenheim Rose).
Agter: Melana Moller (President Oranje Blomme Unie), Pamela Tascher, Mari Wilmans (Sirkelpresident Kimberley & Distrik), Marthie van der Westhuizen (voorsitter Gasvryheid- en Spysenieringbediening en organiseerder), Rieks Nebbe (eienaar Rosenheim Rose).        
   

  

 

Ludwig Taschner aan die woord.

 

 

 

Sheri Brynard.

 

 

 

Deon de Jager en Werner de Beer.

Comments are closed