Posted on 13 November 2011

Beriggewer: Michelle van Rensburg
Vergadering: 2 November 2011

 

Britstown tak se afsluitingsvergadering het op die 2de November plaasgevind.  Nege lede is gevra om ‘n Kersboom te maak en die oorspronklikste bome het hul opwagting gemaak! Hulle is eers as tafelversierings gebruik en is toe uitgedeel in die dorp aan openbare en privaat instansies.

 

Essie Welkom, ‘n verkeersbeampte van Britstown Verkeer, het ons geheue verfris in verband  met verkeersveiligheid .

 

Wilma Strauss het ons ingelig oor herwinning. Elke lid het ‘n brosjure ontvang van hoe sy ‘n verskil kan maak. ‘n Versamelingspunt is gevestig op ons dorp waar batterye, gebruikte motorolie en gloeilampe gedeponeer kan word.

 

Ivonne Gentle het gedemonstreer hoe om ou CD’s te gebruik as ‘n basis vir ‘n kershouer. Dit reflekteer die mooiste kleure wanneer ‘n kers daarop geplaas word en aan die brand gesteek word.

 

Elsa Human het 200 kg koerantpapier vanaf Volksblad ontvang en ons gewys hoe om die koerant slaapsakke te maak.

 

Amanda van der Merwe het 11 ingelegde pastaslaaie kom beoordeel.

 

Die prysuitdeling het gevolg waar lede erkening gekry het vir verskeie prestasies wat hul gedurende die jaar behaal het.

 

Handgemaakte kersgeskenke is uitgeruil en ons het afgesluit met ‘n heerlike middagete wat almal help maak het.
 
 

Comments are closed