. . . oor ditjies en datjies. Laat ons hoor wat jy op die hart het in die maand van die LIEFDE!
2/6/2012 2:08:40 AM #
En daar is ons sowaar alreeds weer midde in Februariemaand, die maand van die liefde! Ons het môre ons eerste vergadering en kan nie wag om al my VLV-vriendinne te sien nie. Ons het 'n paar interessante dinge vir die jaar beplan en ek glo al die lede sal lekker saamwerk sodat ons daarvan 'n sukses kan maak.Natania, die lede is niks lus om met ons te chat hier op die blog nie, miskien moet ons 'n kompetisie loods om reaksie uit te lok!'n Lekker maand vir elkeen...Groetnis vanuit die Overberg!
Lorraine du Toit
2/6/2012 7:10:07 AM #
Praat jy wat lippe het! Soveel as wat ons vrouens kan praat, soveel swyg ons op die blog!! Ek kan nie dink hoekom almal so stil is nie???? Acqua se eerste vergadering is agter die rug - ons het verlede Woensdagaand vergader en dit was, soos altyd!!, 'n bymekaarkoms van epidermiese proporsies. Ons vergader nou op 'n Woensdagaand in die Port Elizabeth Golf Club - ons nuwe (baie mooi) venue, nadat die ikoniese King Edward Hotel verlede jaar sy deure gesluit het. Dit het gevoel of ons sommer so oornag haweloos gelaat is. Gelukkig het die PEGC se deure vir ons oopgegaan en ons is soos die spreekwoordelike varke in Palestina. Tuis, tuis, TUIS! Ek is in Cradock op die oomblik - vir 'n vergadering môre by die Groot Visrivier Museum. En dis lekker warm hier, hoor. Alhoewel niemand kan saampraat met die hitte van die Noord-Kaap nie, het die Oos-Kaap darem ook 'n bloedige tydjie agter die blad. Alhoewel,ons hawestadbewoners het darem altyd 'n koel seeluggie om ons af te koel. Waar's al ons ander maters wat geen sprook sprak nie? Miskien is 'n kompetisie glad nie 'n slegte idee nie. As ons duisende blokke vir KANSA kon brei, kan ons seker kyk wat maak die takke op die blog? Nou waar's die Kwa-Kwa's?????????? Lekker aand vir almal! Nx
natania
2/8/2012 12:29:54 PM #
Gewonder hoekom ek so stil is? Dis oor ek werk vir VLV. Ek het vandag 4 nuwe lede gewerf vir ons tak. Ons moet nou ons moue oprol vir VLV en oortuigend begin bemarking doen vir die vereniging waarvoor ons so lief is. Ek dink ons moet uitklim uit ons gemaksone en vir ander vertel wat die VLV vir ons beteken. Glo my dit werk - moenie nee vir 'n antwoord vat nie en moenie ophou probeer nie. Wie challenge my?Groete uit 'n lekker warm Porterville.
Louwna Hoving
2/8/2012 8:42:53 PM #
Louwna, so 'n mond kort 'n smeersel soete konfyt! Ons vereniging het op haar dag 12000 lede gehad en ons kan dit weer doen. MAAR dan moet ELKE VLV lid dit haar erns maak om lede te werf. VLV is ‘n leerskool, dis ‘n vriendekring, dis ‘n netwerk, dis ‘n ingesteldheid - en dit is die boodskap wat ons daar buite moet kry! Elkeen van ons het al soveel uit VLV geput, dat ons eintlik genoodsaak is om ons lidmaatskap aan die groot klok te hang. Nie net trots Suid Afrikaans nie, maar trots VLV! As jy jou in die geselskap van knap, voortreflike, deugsame en dinamiese vroue bevind, identifiseer jy jouself ook as een. Acqua is in!!! Ons mikpunt is 200 lede, binne die volgende 24 maande. Veral in die stad het ons mos weiveld galore, almal potensiële lede - party weet dit nog net nie en ons moet hulle inlig. Mooi dag vir jou daar in die warme Porterville. Ons het heerlike koel weer in die Vriendelike Stad. Nx
2/9/2012 11:50:55 AM #
Louwna, dis met groot dankbaarheid wat ek ook kan spog... daar het hierdie week 7 nuwe lede by my tak aangesluit!! Dan tel ek ook die 3 by wat by die afsluitingsvergadering verlede jaar aangesluit het, en nog een wat tydens 'n strategiese sessie saam met Agri Mega aangesluit het - totaal nuwe lede van November af staan dus op 11, en daar is nog wat kom!! Mense moet ophou om te vra: "Wat kan VLV my bied", en liewers vra "wat kan ék die VLV bied"! Dit bly maar moeilik hier op die platteland, maar harde werk werp defnitief vrugte af. Lekker dag vir julle van 'n ietwat koeler Overberg as 'n week gelede!
2/10/2012 1:13:40 AM #
Dis Februarie maand, die maand van liefde - 'n "Dankie dat jy daar is" maand. Enigeen kan passievol wees, maar om sommer net laf te wees, verg dat julle mekaar waarlik liefhet. Strome water kan die liefde nie blus nie, riviere kan dit nie afkoel nie. Om liefgehê te word gee aan jou krag; om lief te hê gee aan jou moed. In 'n lewe met liefde is daar heelparty dorings, maar in 'n lewe sonder liefde is daar geen rose nie. As ons dankie sê vir die mense in ons lewe, aanvaar ons hulle onvoorwaardelik. Hulle is kosbaar, net soos hulle is! Dankie ACQUA, dat jy my hart vul met LIEFDE !!!!
Hannelie Low
2/11/2012 5:42:39 AM #
Dankie Hannelie vir die pragtige stukke oor die visarend en die bome wat jy vir ons almal beskikbaar gestel het. Jy het alle Landbou sameroepers se taak vergemaklik, en dis so mooi ook Groete June Smit
June Smit
2/14/2012 3:37:42 AM #
June, groot plesier ek is bly jy't die stukke van die bome en visarend geniet - net jammer van die September spelfout. Geniet die res van Valentyn's dag!!!GroeteHannelie
2/24/2012 12:40:55 AM #
Dis vir my 'n groot plesier om te sien hoe die Vonkel Vriendinne alles met oorgawe aanpak. Kyk nou maar die blommerangskik sessie. Mooi so en hou aan om ons soveel plesier te gee. Ek is trots om julle te kon oortuig om 'n tak te stig! En kyk hoe suurdeeg dit deur.... nou al nog 'n jong tak gestig. Groete van tak tot tak Tuala
Tuala Vorster
2/24/2012 5:40:06 PM #
Ek het so lank nie hier op die blog gekuier nie, nou voel ek sommer vreemd! Ons tak het ook 'n paar nuwe lede bygekry en dit is eintlik lekker om nuwe gesiggies te sien. Van ons jonger lede is baie entoesiasties en dit doen ons harte so goed om dit te sien.
Petro Greeff