Posted on 08 December 2009

Die VLV tak van Douglas en die Drie Riviere Blommeklub het 'n Kersboom Expo vir die gemeenskap georganiseer. Besighede, instansies, organisasies, skole, kerke en individue kon deelneem. Met groot opgewondenheid het daar  55 kersbome "verrys" in 'n spierwit gedrapeerde kerksaal. Daar was ook inskrywings vir kerskouse, adventkranse en kerskaartjies.  Daar was geen perke aan kreatiwiteit nie en vir twee dae is die bome deur die gemeenskap besigtig.  Sagte kersmusiek het 'n gewydheid en selfs 'n sprokies atmosfeer geskep.  Die bome is in verskillende afdelings en kategorieë ingeskryf en beoordeel deur mevv. Erika Lubbe, Marie Wilmans en Melana Moller. 'n Teetuin het verseker dat daar lang kuiers tussen die pragtige bome gekuier is. Kinders het verwonderd gestaar na al die liggies. Selfs die senior burgers, wat met bussies aangery is, was betower deur die bome.  Inskrywingsgeld, asook toegangsgelde gaan aangewend word om aan behoeftige gesinne etes te voorsien, tydens die Kersgety.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 



Posted on 07 December 2009

Aangesien VLVK vir die volgende drie jaar 'n projek loods om al haar lede in rekenaarfundi's te verander, moes die Hantam-dames sommer met 'n megagreep wegspring.  Op 20 November, tydens Hantam tak se Landbou en Tuinbou portefeulje vergadering, het  Annalouise van der Colff die oulikste groen "webwerf" vir ons tuine geskep,  WWW.TUIN.COM. Maar moenie probeer om dit op die komper te soek nie, want ons spesiale virtuele ruimte het maar net vir die dag bestaan, daar in die binnehoffie van Jonita van der Merwe se huis, omring deur die ongelooflikste tuinskatte, gebore uit eie innovasie.

 

Wat maak ons in November?  Plant groente en vrugte, bemes alle plante en veral jou grasperk en sorg dat alles goed nat bly.


Wurmplaas - Maak organiese kompos deur spesiale erdwurmpies in 'n swart vullishouer aan te hou.  Hulle leef van nat karton en afvalskille, maar suiwel, vleis, lemoenskille en uie sal hulle laat vrek.  Die verwerkte materiaal kan net so in die grond gewerk word as kompos en die wurmtee wat afgeskei word, kan verdun word as ekstra voeding vir potplante.


Weg met insekte - Maak 'n groen inseksproei van uie, knoffel, brandrissie, skottelgoedseep en kookolie om veral brommers van jou plante weg te hou, maar behou steeds die blomme se reuk.
Tuinvriende - Lok voëltjies weg van jou vrugtebome deur vir hulle interessante, helderkleurige lekkernye op ander plekke in die tuin te hang.


Uitwys van swak kolle - Maak 'n vleituin van waterfonteintjies en 'n verskeidenheid waterplante op daardie hoekie waar niks anders wil groei nie.


Inspirasie - Raadpleeg gerus die Tuin tydskrifte vir oulike bykomstighede idees wat self gemaak kan word, en dan ook as geskenke gegee kan word.


Nuut op die mark - Bly op hoogte van nuwe produkte vir nuwe lewe in jou tuin.


Coriandrum Sativum - Plant koljander in jou tuin; die moontlikhede daarmee is legio en sluit in slaaisouse, geurmiddels in geregte, 'n strelende gesigpap vir probleemvelle, spuitstof vir plantluise en die blomme is 'n skoenlappermagneet.


Omgee - Gesiggies is fyn en pragtig in die tuin, maar kan ook as geskenkies en garnering gebruik word as dit versuiker word.


Maak planne - Ons woon nie naby groot tuinsentrums nie, maar dit hoef ons nie te keer om ook oulike planne maak deur net kreatief te dink nie.

 

So, of jou tuin so groot en baldadig soos die wêreldwye web is, of maar beperk tot 'n paar potte op 'n balkonnetjie, niks kan jou meer keer nie om jouself uit te leef daarin en dit in 'n lushof te omskep. Gaan bos, maar onthou, gaan GROEN!

JCB



Posted on 07 December 2009

Al die tafels was feestelik gedek, met die pragtigste kersversierings.  Elke lid moes ‘n geskenkie van R5 saambring. Wat ‘n uitdaging!  Die geskenkies is uitgeruil, en almal was baie opgewonde oor hulle geskenkie.  Die afsluiting is bygewoon deur 56 lede, voorwaar ‘n prestasie!  Na afloop van die prysuitdeling het ons lekker saam gekuier en tee gedrink.  Die bestuur was verantwoordelik vir die verversings.

 

 6 Van die nuwe lede wat oor die laaste 2 maande aangesluit het

 

 

Wenners van die snyblom afdeling: Trudie de Goede - 3de, Christine Seale - 2de, en Elma Oberholzer - 1ste  (van links na regs)

 

 

Wenners van Blommerangskikking:  Dienie Rust 3de, Hetta Mans 2de, Estelle du Plessis 1ste

 

 

Wenners van Handvlyt:  Grieta Truter 3de, Hennah Greeff 2de, Estelle du Plessis 1ste

  

Wenners van Leefstyl (Gebak): Hilary Nepgen 3de, Hetta Mans 1ste, Estelle du Plessis 2de

 

 

100% teenwoordig – 14 lede was 100% teenwoordig (2 afwesig op foto)

  

Twee van die oudste lede was 100% teenwoordig: Cora du Toit en Maud Prinsloo (85jr)

  

Die ywerigste nuwe lid – Dienie Rust, saam met Estelle du Plessis (voorsitter)

 

 

Die meeste punte – Estelle du Plessis, saam met Suzette Hougaard (vise voorsitter)



Posted on 03 December 2009

Ronell Herselman het nuus gestuur oor Tarkastad se afsluiting.

 

Die afsluitingsvergadering is gehou by Mimsie van Heerden op die plaas. Die lede het lekker saam gekuier en Kersliedere gesing in Afrikaans en Engels, onder begeleiding van Dalena Smit.

 

Sonna Kitching het 'n praatjie gegee oor die toedraai van geskenke op 'n ekonomiese manier. 

 

 

Emma Botha (45 jaar) en Mimsie van Heerden (50 jaar) het hul
kentekens ontvang, asook erelidmaatskap gekry van Tarkastad tak.

 

 

Lede wat verskeie toekennings ontvang het:
Voor: Kotie Bouwer, middel: Sonna Kitching, Emma Botha, Helena van Schalkwyk, Mimsie van Heerden, May Owen en agter: Dalena Smit

 

 

Suster Susanne Bekker van Tarkastad Kliniek het 'n praatjie gelewer oor dieet en dieetpille.

 



Posted on 01 December 2009

Douglas tak het op Saterdag, 21 November, hul VLV-jaar afgesluit met 'n feestelike ontbyt. Tydens die geleentheid is Rita Jacobs aangewys as VLV Vrou van die Jaar vir 2009 en Marthie van der Westhuizen is aangewys as Verskilmaker van die Jaar.

 


Rita Jacobs, links en Marthie van der Westhuizen, regs.

 

 

Ria Badenhorst - Masjienwerk
Sus Jansen - Meeste punte en Kunste en Handvlyt
Marie Jacobs - Blomme en Preservering
Rita Jacobs - Brei en Hekelwerk
Mariaan du Raan- Gebak en Tweede Meeste punte
Linzetta Smit (afwesig) - Borduurwerk

 

 

Categories