Posted on 16 July 2010

Op 13 Julie 2010, het Irma Joubert ‘n bekende skryfster, die Douglas VLV tak besoek. 

 

Irma Joubert woon buite Bloemfontein saam met haar man, Jan. Sy is ‘n afgetrede onderwyseres, en het na haar aftrede as beroepskrywer begin skryf. Sy het reeds op 18 begin skryf, en is tans besig met haar sewende boek.

 

Die stories wat sy vir haar boeke gebruik, kom uit die lewe self uit.  Sy sê dat sy nie haar verbeelding gebruik nie, maar die stories wat uit die lewe kom, omdat die lewe vol stories is.  “Elke mens, dorp en ding het ‘n storie.” Sy gebruik feite (stories wat sy as die waarheid aanhoor) as die raamwerk van haar boeke, en weef dan fiksie daarin. Later glo mense die fiksie.

 

Wanneer sy skyf, leer sy eers die karakters ken. Hul woon saam haar in die huis, en sy hoor hul praat wanneer sy onderhoude voer. Later ken sy haar karakters so goed, dat sy hul stories as die waarheid skryf.

 

Haar eerste twee boeke was ligte liefdesverhale oor hedendaagse mense. Hierdie boeke het sy geskryf uitsluitlik om bekend te raak, en om mense aan haar skryfstyl bekend te stel. Daarna het sy historiese liefdesverhale begin skryf. Hierdie verhale is gebaseer op verhale wat sy gehoor het, en wat sy dan haar eie gemaak het. 

 

Van haar boeke is:
•         Veilige hawe
•         Verbode drif
•         Ver blink die Suiderkruis
•         Tussen stasies

 

Haar nuwe boek, Pérsomi, kan in Oktober verwag word.

 

Wat 'n voorreg was dit nie, om vir Irma Joubert, as spreker te kon leer ken.  Ons hoop sy sal ons gou weer kom verras.

 

In die foto is Irma Joubert links, en Anneline Swiegers regs.

 



Posted on 27 June 2010

Woensdagaand 16 Junie het die Drie Riviere VLV Blommeklub, in samewerking met Hoërskool Douglas 'n Blomteater aangebied ter stywing van die skool se fondse. Dit was een van die koudse aande in jare, maar ten spyte van die koue wat opgekruip het teen ons bene, het die blommekunstenaar en mode ontwerper, Schalk van Dyk van Bloemfontein, op die verhoog getoor met blomme en is van sy rokke deur plaaslike modelle vertoon.
 

Die tema van die aand was PASSIE. Die tema is deur verskillende ontwerpe uitgebeeld. Die eerste ontwerpe (Skepping) beeld God se Passie om te skep uit.  Voor die skepping was alles donker - en Schalk het eerstens 'n ontwerp op 'n model se skouer gedoen met die tema, Rapsody in black. Daarna is die skeppingsdae gerangskik.
 

Mari-Loui Nortje - Rapsody in Black, in 'n bruin barrok trourok. 

 

 

Die skepping van die voels en diere en seelewe was 'n baie gewilde ontwerp by die meeste gaste van die aand.

 

 

 

 

Na die voltooiing van die ontwerpe het die modelle rokke vertoon in wit en swart (lig en duister) oranje, groen en goud met die musiek Eva in die agtergrond. 
 

Schalk het sy passie vir sy ouerhuis uitgebeeld  in sy pa, wat baie lief was vir 'n groentetuin en die kleurvolle blomme beeld sy pa as 'n vrolike en liefdevolle mens uit.  Die massa-ontwerp beeld sy ma uit - wat vir hom liefde vir blomme en die skoonheid daarvan geleer het.  Hy het ook twee gedigte voorgelees wat hy geskryf het vir hulle.
 

Hier het die modelle rokke vertoon in kleure van pienk, pers, seegroen en blou. 
 

Passie word die beste geillustreer in die liefde tussen man en vrou.  Hier is die ontwerp 'n brug, en het Schalk aan die linkerkant die man se sterk en growwer natuur uitgebeeld en aan die regterkant die vrou.  Die ontwerp is ondersteun met die musiek "Rhytm of love" en daarna het die modelle bloedrooi en maroen rokke vertoon.
   
 

Kerkvensters.  Ons moet almal streef om suiwer te leef. Ons moet 'n wit lig uit te straal in ons lewensreis elke dag.  Dit kan ook 'n verskil in ons gemeenskap en verhoudings meebring.  Na die voltooiing van die ontwerp het lede van die verskillende kerke, verenigings, organisasies en skole in die gemeenskap 'n kers opgesteek, as simboliek om 'n verskil/lig uit te straal daar waar ons betrokke is.  Hierna het die modelle wit en ivoor trourokke vertoon.

 

 

 

Om die aand as 'n dankbetuiging af te sluit, is 'n stomp op 'n model se skouers geplaas, en met een van die plaaslike sangers, Johan Nel, wat You raise me up, sing, is die rangskikking voltooi.
 

Na al die lekkerte van ontwerpe wat voltooi word, mooi musiek en die vertoon van pragtige rokke, is heerlik verder gekuier rondom sop, brood en heerlike truffels.  'n Luukse aand, met luukse kreatiwiteit.   
 

Modelle v.l.n.r Suzaan Germishuys, Megan Innis Grant, Mariolette Gerber, Marthie van der Westhuizen (organiseerder en voorsitster van Drie Riviere VLV Blommeklub) Marie-Loui Nortje, Schalk van Dyk (Blomkunstenaar en mode ontwerper), Mone Haarhoff, San-Mari Gous, Elzaan van den Heever en Maritza Gerber.  

 

 



Posted on 14 June 2010

Adeline Badenhorst  (op die foto) het met die Leefstyl vergadering op 11 Mei die dames ingelig van hoe belangrik kleur met binnenshuis versiering is, veral met die versiering van kinderkamers.  'n Kind wat 'n introvert is, sal verkies dat sy/haar kamer met sagter gedempte kleure geverf en versier word, waar 'n ekstrovert meer van helder vrolike kleure sal hou.

 

 

 

Melana Moller, Presidente van die Oranje Blomme Unie, bied 'n werkswinkel aan vir die Drie Riviere VLV Blommeklub Douglas op Saterdag 8 Mei met die tema : Fantasie met loof. Melana het die dames geleer om loof te knip, manipuleer, vleg en ook ryg om verskillende vorms te verkry, waarmee dan gerangskik kan word, veral ook in tye wanneer blomme baie skaars is.

 

 

 

 

Amanda, verteenwoordiger van Stark Ayres in Kimberley,  was die spreker op 8 Junie tydens die Junie vergadering, afdeling, Landbou. Op die foto is sy links in gesprek met Marie Jacobs en  Ria Badenhorst. Amanda (middel) het baie praktiese raad rakende die bemesting en ook gebruik van gif vir pragtige tuine in die komende nuwe seisoen gegee. 

 

 



Posted on 08 December 2009

Die VLV tak van Douglas en die Drie Riviere Blommeklub het 'n Kersboom Expo vir die gemeenskap georganiseer. Besighede, instansies, organisasies, skole, kerke en individue kon deelneem. Met groot opgewondenheid het daar  55 kersbome "verrys" in 'n spierwit gedrapeerde kerksaal. Daar was ook inskrywings vir kerskouse, adventkranse en kerskaartjies.  Daar was geen perke aan kreatiwiteit nie en vir twee dae is die bome deur die gemeenskap besigtig.  Sagte kersmusiek het 'n gewydheid en selfs 'n sprokies atmosfeer geskep.  Die bome is in verskillende afdelings en kategorieë ingeskryf en beoordeel deur mevv. Erika Lubbe, Marie Wilmans en Melana Moller. 'n Teetuin het verseker dat daar lang kuiers tussen die pragtige bome gekuier is. Kinders het verwonderd gestaar na al die liggies. Selfs die senior burgers, wat met bussies aangery is, was betower deur die bome.  Inskrywingsgeld, asook toegangsgelde gaan aangewend word om aan behoeftige gesinne etes te voorsien, tydens die Kersgety.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 



Posted on 01 December 2009

Douglas tak het op Saterdag, 21 November, hul VLV-jaar afgesluit met 'n feestelike ontbyt. Tydens die geleentheid is Rita Jacobs aangewys as VLV Vrou van die Jaar vir 2009 en Marthie van der Westhuizen is aangewys as Verskilmaker van die Jaar.

 


Rita Jacobs, links en Marthie van der Westhuizen, regs.

 

 

Ria Badenhorst - Masjienwerk
Sus Jansen - Meeste punte en Kunste en Handvlyt
Marie Jacobs - Blomme en Preservering
Rita Jacobs - Brei en Hekelwerk
Mariaan du Raan- Gebak en Tweede Meeste punte
Linzetta Smit (afwesig) - Borduurwerk

 

 



Posted on 04 September 2009

Suster Elsabe Oberholzer van Hartswater spreek Douglas toe oor Kinderpsigiatrie.

·        Kinders word vanaf konsepsie blootgestel aan invloede, hetsy fisies of emosioneel.  Die invloede bepaal hoe hierdie kind gaan ontwikkel.

·        Invloede soos genetika, sosiale aktiwiteite en groepsdruk kan 'n kind maak of breek.

·        Wanneer 'n kind emosioneel seergekry het "gebreek" het, is dit die kinderpsigiater se taak om die skade sover as moontlik te beperk en die herstelproses te handhaaf. 

Ander kategorieŃ‘ waarop gefokus word is:   

·        omvattende ontwikkeling versteurings, bv. Aspergers en outisme

·        substans-versteurings, bv. gom, dagga, dwelms (sigarette is 'n substans)

·        eetversteurings, bv. anoreksie, bulimie

·        psigotieseversteurings, bv. skisofreni, (dikwels substans-verwant)

·        gemoedsverteurings, bv. depressie en post traumatiese stres of afwykings, en

·        ADHD - aandag afleibaarheid en hiperaktiwiteit