Posted on 16 November 2011

Beriggewer: Elmarie Cumpsty
Datum: 8 November

 

VLV Eendekuil  het hul bedrywige jaar op ‘n gesellige wyse afgesluit by die padstal / koffiewinkel Kardoesie te Citrusdal. Die voorsitter het elke lid en bestuurslid bedank vir hul geesdrif en samewerking – voorwaar ‘n wenspan!

 

Vier lede het erkenning ontvang vir 100% bywoning: 
Sandra van Zyl, Liebie Coetzee, Elmarie Cumpsty, Nellie Mouton.

 

Trofeë is aan die volgende wenners in die onderskeie kompetisie afdelings, oorhandig:
Gebak – Liebie Coetzee
Mikrogolf – Elmarie Cumpsty
Handvlyt – Elmarie Cumpsty
Naaldwerk / Breiwerk – Elmarie Cumpsty
Hekelwerk – Jolene Mouton

 

Twee lede ontvang hul 15 jaar kenteken:
Johanna Rossouw
Elmarie Cumpsty

 

Saam met die geleentheid is daar hulde gebring aan Maryn Burger, ‘n erelid van Eendekuil. Sy het Eendekuil Vrouevereniging gestig, wat later jare verander het na VLV Eendekuil. Maryn Burger is tans ‘n inwoner van die tehuis te Citrusdal.

 

 

Elmarie Cumpsty (voorsitter) en Johanna Rossouw.

 

 

Jolene Mouton, Liebie Coetzee, Elmarie Cumpsty – pryswenners.

 

 

Maryn Burger & Elmarie Cumpsty.



Posted on 09 June 2011

Portefeulje: Leefstyl
Datum: 8 Junie
Beriggewer: Elmarie Cumpsty


Ilse Hanekom, Eendekuil se Leefstyl sameroeper, lewer ‘n praatjie oor verskillende soorte suiker en die gebruik daarvan. Almal neem so vanselfsprekend aan dat suiker maar net suiker is – het u geweet dat suiker die “skoonste” voedsel is, wat ons gebruik?

 

Ilse het gebruike gegee vir die volgende soorte – karamel- / bruin- / geelsuiker. Sy noem dat die lede agterop elke pakkie suiker moet lees, waarop baie handige wenke vir die verbruiker aangebring is.

 

Lede dek ‘n ontbyttafel, met die tema ‘n Plaasontbyt – die volgende moet dan deel gevorm het van die gedekte tafel:-  spyskaart wat bestaan het uit ‘n drankie, 2-gange, vars gebakte muffins en koffie; iets van ouma, wat vir jou spesiaal is.  Ses lede het ywerig hulel tafels gedek – kosbare artikels was deel daarvan - gehekelde doilies, vergeelde breekgoed met goue randjies, tafeldoeke, emaljeborde en koeldrankbottels uit ouma se spens. 

 

Eendekuil spog met drie nuwe lede. Een van hul is Mignon Cumpsty, die voorsitter se dogter en tans ‘n Graad 12 leerder – voorwaar ‘n “groot” gebeurtenis vir ma & dogter – sy is die jongste lid van die tak.

 

 

Elmarie Cumpsty (voorsitter) steek vir Mignon haar VLV kenteken aan.

 

 

Die mees uitstaande ontbyttafel – iets spesiaal van ouma.



Posted on 18 April 2011

PORTEFEULJE: Opvoeding & Kultuur

 

Wat ‘n interessante vergadering – lede het aangetrek om ‘n beroep / kultuur voor te stel. Verskillende beroepe soos die mediese personeel / arbeiders op plase, Chinese dames, Afrika dame, ens. was voorgestel.

 

Hammie Mouton, plaaslike leerkrag van Eendekuil was die spreker. Haar passie is om kinders met leerprobleme te help. Sy het 4 leerders van Eendekuil Primêr saamgebring, wat die lede vergas het met ‘n kindergebed en storievertelling. Elke lid het ontvang: ‘n houtbord, bal rooi klei, asook ‘n afdruk van ‘n padda met kolletjies daarop. Hammie wys aan die lede op watter maniere sy die kinders se fyn motoriese spiere ontwikkel – ja deur met klei “te speel”. Die klei word in klein ronde balletjies gerol sodat dit mooi op die kolletjie van die padda pas. Hierdie “grootmens” kinders het dit terdeë geniet, om sommer net weer kind te wees. Elkeen is beloon met ‘n sterretjie… ja, so reg uit die vroeë skooljare.

 

Die sameroeper, Jolene Mouton, het ‘n aanbieding gedoen oor ‘n skootrekenaar se werking en Skype – die manier hoe jy met jou familie / vriende kan kommunikeer. Sy het juis met haar dogter, wat tans in China is, via die Internet & Skype gepraat, tydens die vergadering. Sy noem dat Skype vir haar wonderlik is. Net die wete sy haar dogter kan sien en hoor praat – dit help baie met die verlange.
 

Beriggewer: Elmarie Cumpsty

 

 
Die laggende verpleegpersoneel, Mariechen Oppel, Anetta Blaauw, Dawn Gildenhuys, Johanna Rossouw.

 

 

 

Trofeëwenner konferensie 2011, Jolene Mouton ontvang die trofeë van Elmarie Cumpsty voorsitter – 1ste plek vir Gebak – Sjokolade rolkoek.

 

 


Jolene Mouton – Opvoeding & Kultuur sameroeper, Chinese uitrusting & rekenaarles.

 

 

 


Hammie Mouton - spreker.

 



Posted on 15 March 2011

Sandra van Zyl, sameroeper van Kuns & Handvlyt, tesame met 3 ander lede het verskillende dorpe deur middel van mimiek aan die lede voorgestel.

 

Die lede moes hierdie dorpe probeer herken :


 Maryn Burger – Potgietersrus – ‘n pot / gieter / en daarna het sy self op ‘n stoel plaas geneem en lekker gerus.
 Dawn Gildenhuys – Mosselbaai – mossel doppe / na haar boarm spiere gewys / en daarna gewuif.
 Elmarie Cumpsty – Kleinmond – met die hand gewys iets is klein / daarna na haar mond.
 Sandra van Zyl – Stompneusbaai – ‘n stomp / haar neus / en gewuif na lede.

 

Die lede het maar lekker kopgekrap, maar hierdie “gewysery” terdeë geniet.  Hul is dit eens dat ons meer sulke mimiek moet doen.

 

Hanlie Richter, die spreker van die middag het elkeen op reis geneem, die kunswêreld in – en veral  hoe haar liefde vir die digkuns / voordrag en voorlesinge vandaan kom. Sy het as jong dogter altyd gedroom om eendag by die Sirkus te werk. In haar hoërskoolloopbaan het sy te doen gekry met voordrag by ‘n eisteddfod en vandaar die liefde vir die digkuns.

 

‘n Gedig, spesiaal vir al die VLV vroue, word deur haar voorgedra as afsluiting van die middag.

 

Beriggewer:- Elmarie Cumpsty


 

 

Hanlie Richter – spreker.

 

 

 

Eendekuil bestuur

Agter: Ilse Hanekom (Leefstyl), Magda Coetsee (Openbare Sake), Anetta Blaauw (Gesondheid), Jolene Mouton (Opvoeding & Kultuur)
Voor: Sandra van Zyl (Sekretaresse),  Marthie Wilson (Vise-voorsitter), Elmarie Cumpsty (Voorsitter), Mariechen Oppel (Tesourier)



Posted on 10 February 2011

Die eerste vergadering van 2011, het afgeskop op Woensdag 9 Februarie 2011 met ‘n Gesondheidsvergadering te Skrik van Rondom, plaas van Mnr Hennie van Zyl te Redelinghuys. 

 

Mnr van Zyl vervaardig in samewerking met ‘n Amerikaanse dokter tablette / medikasie waarvan die hoofbestanddeel kruie is.  Hy het verduidelik wat gebruik kan word vir cholesterol, hoë bloeddruk, spastiese kolon, ens.

 

Die gesondheidsoord is nog in sy kinderskoene, maar beskik oor die volgende:
• Swembad
• Borrelbad
• Lesinglokaal
• Sauna
• Masseerlokaal
• Kamers vir gaste om tuis te gaan

Daar word alreeds verskillende behandelings aan kliënte beskikbaar gestel.

 

Almal het die vergadering baie geniet, want hoe gelukkig kan ons nie wees om ‘n gesondheidsvergadering in die natuur te kan bywoon nie, omring met plante rondom jou en boonop word besoekers met ‘n rooibostee parkeerarea begroet.

 

Beriggewer:  Elmarie Cumpsty

 

Mnr Hennie van Zyl (spreker), Sandra van Zyl (sekretaresse), Elmarie Cumpsty (voorsitter)

 

 

Die Gesondheid sameroeper Anetta Blaauw is deur die aanloklike blou water van die swembad “geroep”  - Hier “kroon” Elmarie Cumpsty haar as Eendekuil tak se waternimf.

 

 



Posted on 11 June 2010

Jolene Mouton, sameroeper van Opvoeding en Kultuur, het op 9 Junie 2010 tydens die algemene vergadering, die VLV lede ontvoer na die Laerskool Eendekuil se rekenaarsentrum.  Die dames het almal ‘n stukkie kommentaar gelewer, soos bv. “Ag ek wil tog nie iets van die rekenaar leer nie – ek’s te oud” /  “Ja, wys my bietjie sodat ek ook voortaan ‘n brief kan stuur aan my kinders, daar vêr oor die water”.

 

Wel die dames het hierdie uitdaging aangegryp.  Lydia le Roux, onderwyseres van die skool, het stap vir stap gewys dat dit nie so erg is om met hierdie moderne tegnologiese instrument te werk nie.  Die rekenaar se komponente is verduidelik, van die “muis” en sy “muismatjie”, sleutelbord, ens. Weet verseker hierdie benamings het sommige lekker laat skaterlag.

 

Die oudste lede (‘n geseënde ouderdom van 85 plus jare) het tog te netjies hul werkstuk voltooi.  Die hande was so bietjie bewerig maar as daar “geclick” moes word, kon die vingers nie wag nie.  Elke werkstuk is uitgedruk en hul kon gaan spog daarmee.

 

Die dames het hierdie middag agter die “skerms” terdeë geniet.

 

Berig deur Elmarie Cumpsty.

 

 

 

Regmaak  vir ons eerste les: Vlnr Jolene Mouton (sameroeper)  Elmarie Cumpsty (voorsitter) Lydia le Roux (spreker) Dawn Gildenhuys.

 

 

 

Senior lede: Maryn Burger  & Liebie Coetzee – Kyk net hoe konsentreer hul …

 

 

 

“Studente”: Staande agter vlnr – Lydia Le Roux, Nellie Mouton, Johanna Rossouw, Jolene Mouton, Anetta Blaauw, Dawn Gildenhuys
Voor links na regs – Hennah Dreyer, Liebie Coetzee, Elize Wiese, Sandra van Zyl.



Posted on 18 October 2009

Spreker by die glansgeleentheid – Reynel Kruger van Design-a-Cake

Boniswa Gwiba (assistant) Reynel Kruger &  Elmarie Cumpsty, (voorsitter)

 

 

Hier klink Chrisna Smit & Liebie Coetzee ‘n glasie sjampanje.

 

 

VLV Eendekuil bestuur vir 2010. Die dames lyk tog te deftig in hul uitrustings – spesiaal vir die deftige geleentheid.

 

 

 
Vlnr agter:  Jolene Mouton (Opvoeding) Magda Coetsee (Openbare Sake) Anetta Blaauw (Gesondheid) Liebie Coetzee (tesourier) 

Vlnr middel: Marthie Wilson ( Vise voorsitter / Landbou en Tuinbou) Elmarie Cumpsty (Voorsitter) Ilse Hanekom (Leefstyl)

Voor:  Sandra van Zyl (Sekretaresse / Kunste en Handvlyt)

 

 

Drie uitstaande teetafels: 
               

  •  Elmarie Cumpsty


               

 

  • Ilse Hanekom

 

 

  • Hennah Dreyer

Categories