Posted on 04 September 2009

Mnr Mans bedryf 'n plaaskwekery met die naam "50" - omdat hy op die ouderdom van 50 jaar daarmee begin het.  Hy kweek spesifiek plante wat aard in Fraserburg en veral die wat groen is in die winter.

 

Hy demonstreer die maak van 'n steggie:

 

'n Steggie word onder reguit afgeknip en bo skuins.

Die onderste 2cm bas word afgekrap, waarna dit natgemaak en in vlapoeier gedruk word alvorens dit in die grond geplant word.

vlnr: Carine Botes , Ina van Wyk, Gert Mans, Annatjie Visser en Susan van der Westhuizen.