Posted on
03 September 2009
Die lede van Humansdorp VLV het deelgeneem aan 'n projek om klein poppies te brei vir die kinderslagoffers van pornografie, molestering en prostitusie.Die poppie gee vertroosting tydens die helingproses.

Posted on
27 August 2009
Die Sirkeldag van die VLV Suid Ooskus was aangebied deur Humansdorp Tak. Nege lede van nege takke het dit bygewoon. Humansdorp tak het 'n jeugkompetisie aangebied om die VLV projek vir 2009, Ons Aarde, Ons Verantwoordelikheid te illustreer. Vier skole het deelgeneem en 7 pryse is oorhandig.
