Posted on 09 February 2012

Sirkel: Suid-Ooskus
Tak: Jeffreysbaai
Studierigting: Leefstyl
Beriggewer: Doreen du Preez
Datum: 9 Februarie 2012
 

Jeffreysbaai tak se eerste vergadering van die jaar is op 9 Februarie 2012 in die Newtonsaal gehou. Die vergadering is deur die Leefstyl sameroeper, Annatjie Odendaal, en haar dames aangebied.

 

Die vergadering was in die vorm van ‘n mini skou gewees met die Kongres en Konferensie artikels as tema. Om naaldwerk onder die dames te promoveer is ‘n patroonontwerp demonstrasie aangebied. Joyce Scholtz het as model opgetree.
  

 

Annatjie Odendaal en Joyce Scholtz die aanbieders van die demonstrasie.

 

 

Joyce die model.


 
Die Jeffreysbaaiers wil Suid-Ooskus takke ’n lekker werk en leer jaar toewens.



Posted on 10 November 2011

Beriggewer: Doreen du Preez
Datum: 3 November 2011

 

Die jaarlikse afsluiting van die VLV Jeffreysbaai is op 3 November 2011 gehou.

 

Ds. Willie van der Walt het die Kersboodskap gelewer en sy eggenote het die pryse wat deur die jaar verwerf is oorhandig. Die tak het bederfpakkies gemaak en aan inwoners wat meer as 90 jaar jonk is, oorhandig.


 

 

Annatjie Malan, Adri Pieterse, Cupie Ferreira en Elmarie Bouer het die bederfpakkies wat aan die 20 inwoners ouer as 90 jaar gegee is, verpak.

 

 

Sarah, Rita, Mercia en Lenie het gesorg vir die gebak in die bederfpakkies.
 

 

 

Elmerie Bouwer ontvang die beker vir meeste punte – algemeen. Sarah en Rita ontvang die Welwillendheidsbeker en Joyce Scholtz het die trofee ontvang vir die meeste punte in gebak.

Categories