Posted on 11 June 2010

Tydens Kathu tak se opedag het hulle van plaaslike talent gebruik gemaak om nuwe vaardighede te bemeester.

 

Susan Myburgh het wonderlike leerwerk gedemonstreer.  Al die oorskietstukkies leer wat sy by die leerfabriek op Kathu bekom word wonderlike boekoortreksels met 'n laag op laag voorkoms.

 

 

 

Lillian Du Plessis wat studeer het in Frankryk en Belgie om met kos te toor, en tans plaaslik werksaam is, het ons laat smul.

 

 

Lizette Coetzee het gesorg dat die kunstenaars leer hoe om skaduwees korrek op doek te verewig.

 

 

 

 

Daar was 'n klein blomdemonstrasie gehou om die kuns ook aan te wakker, sonder dat dit baie kos.

 

 




Posted on 05 January 2010

Al ooit gewonder hoe gesond dit is om soveel kilometers onder die aarde se oppervlak te werk?


Herman Wagenaar het lede van Kathu in Griekwaland-Wes toegespreek oor ‘Gesondheid in die myne van S.A.’. Ingeligte bronne is dit eens dat daar ‘n drievoudige pandemie onder mynwerkers woed -tuberkulose (sowat 1700 uit elke 100 000), silikose en HIV vigs (sowat 80% van alle mynwerkers). Hy het ook die voorkoms van asma en ander verwante longsiektes onder mynwerkers aangeraak. Die voorkoms van hartsiektes by mynwerkers is ook hoog, te wyte aan ‘n hoë inname van geprosesseerde voedsel. 


Links na regs: Nelia Duvenhage, Annette Richter, Valorie Marx, Johanet Kruger, Santa Maritz, Hester Kellerman, Maureen Wagenaar en Herman Wagenaar.  

 

 

 Hester, Annette,en Johanet heerlik aan die smul!