Posted on 10 February 2012

Sirkel: Kimberley en distrik
Tak: Kimberley
Beriggewer: Soekie Hauptfleisch
Datum: 9 Februarie 2012

 

Buikdans is die Afrikaanse vertaling vir  “belly dance”, maar min mense ken hierdie term, so ons praat maar van “belly dance”.

 

Die tipe styl en dans wat vandag as “belly dance” bekend staan, het meer as 6 000 jaar gelede ontstaan. Die dans het ontstaan as ‘n rituele nabootsing van ‘n vrou wat geboorte gee. Die dans het van Mesopotamië versprei na Noord-Afrika, Rome, Spanje en Indië deur “gypsies” wat baie rond getrek het. “Belly dancing”  is vandag baie populêr in die Midde-Ooste, Egipte en Turkye. Alhoewel dit die dans van die maag genoem word, is elke deel van die liggaam betrokke by die dans, maar die beweging van die heupe speel die grootste rol. Kostuums en die styl van dans verskil van land tot land en nuwe style het ontwikkel soos wat die dans wêreldwyd versprei het.

 

Hierdie fassinerende dansvorm nooi vroue van alle ouderdomme en groottes op ‘n reis om hulle innerlike skoonheid en sensualiteit te ontdek.

 

Tanya du Plessis, eienaar van Tanya’s Dancing School het ons kom vertel hoe sy by “belly dancing” betrokke geraak het. Sy verskaf groot pret met ‘n demonstrasie van die dansvorm. Lede het geesdriftig deelgeneem aan die rol van die heupe en sensuele bewegings van die arms. Dit was ‘n prettige aand.

 

 

 

 

 

 

 



Posted on 19 September 2011

Portefeulje: Opvoeding & Kultuur
Berriggewer: Soekie Hauptfleisch

 

Mev. Sunet Stemmet, prinsipaal van Boston City Campus & Business College in Kimberley, het ons kom inlig oor wat die kollege alles bied.

 

Die Boston College is oorspronklik gestig om UNISA studente te ondersteun. Die konsep van die kollege is uniek in die opsig dat die onderrig op ‘n rekenaar gebaseerde leerplan geskied. Elke student werk teen sy eie tempo deur sy studiemateriaal op die rekenaar in ‘n studielokaal.

 

Alle kursusse is in Engels en sluit die volgende studierigtings in:
• IT & Computers
• Sports Administration
• Bookkeeping & Accounting
• Travel & Tourism
• Business Management & HR
• Marketing, PR & Media

Dit bied ook ‘n wye reeks van Nasionaal Erkende Kwalifikasies tot universiteitsvlak, Kursusse is prakties en bekostigbaar. Mev. Stemmet het ‘n passie vir haar studente en haar kampus het die afgelope 3 jaar ‘n 100% slaagsyfer gehad.

 

 

 

Nadat ons geleer het wat Boston College ons kan bied, het die lede vir mekaar gewys en vertel van hulle talente in die “Show and tell” geleentheid. Dit was lekker om te luister waarmee elke lid haar besig hou en om die pragtige handwerk te sien.

 

 

Op die oggend voor ons vergadering, het ‘n paar lede gehelp om ‘n boom te plant. Net buite Kimberley is Platfontein, waar die Boesmans hervestig is. Die Khoisan mense wat daar bly, is in twee gemeenskappe verdeel, naamlik die !Xhun en die Khwe. Ons het albei gemeenskappe besoek en toe ‘n wit els geplant by die kleuterskool van die Khwe gemeenskap.

 



Posted on 26 July 2011

Portefeulje: Opvoeding & Kultuur
Beriggewer: Soekie Hauptfleisch

 

Kimberley tak het onlangs ‘n span-bou aangebied vir die personeel van PWC (PriceWaterhouseCoopers). Die middag het begin met ‘n lekker boeresport. Klerke, bestuurders, sekretaresses en vennote het aan die sakresies, driebeenresies, kruiwastoot, eierloop en appel-eet kompetisies deelgeneem.

 

Daarna het die 20 spanne van 4 lede elk op die “amazing race” deur Kimberley se strate vertrek. Dit was groot pret en daar is vernuftige planne gemaak om die vinnigste by die volgende leidraad uit te kom. Almal van PWC weet nou waar die Sol Plaatjie museum is en in watter kroeg by die Oop Myn rugbyfoto’s hang.

 

Die span van PWC wat gewen het, is Franco Zaayman, Duncan Africa, Shounise Palm en Marlize Eillert.

 

Aanbieders van spanbou Annelize, Kittie, Emil en voor sit Ems.

 

 

Appel-eet kompetisie.


 

Kruiwastoot.

 

 

Spanne soek 'n leidraad by die Oop Myn.

 

 



Posted on 06 May 2011

Portefulje: Opvoeding & Kultuur

 

Kimberley tak het op 5 Mei ‘n Chinese aand gehou. Kolonel Marlene Delport, wat vir ‘n jaar in Beijing gebly het, het vir ons kom vertel van die lewe in China. Meer as ‘n derde van die wêreld se bevolking woon in China. Die Chinese het ‘n baie ryk kultuur en dit kan gesien word in hulle kuns, medisynes, rituele rondom drake, en sosialistiese leefwyse.  


Die Chinese drink baie tee, wat van enige blare of plantmateriaal getrek word. Hulle kos is egter nie so lekker soos ons westerse kossoorte nie. Meeste van die geregte is smaakloos en gebraaide kakkerlakke, sprinkane en skerpioene op sosatiestokkies is algemeen beskikbaar by kosstalletjies. Aan tafel eet almal met  “chopsticks” uit een skottel. Soetgoed is baie skaars.

 

Baie mense, veral mans het ‘n kriek as troeteldier. Die kriek, wat in ‘n glasbotteltjie met ‘n “amplifier” bo-op is, word in baadjiesakke gedra en oral waar jy loop, hoor jy die gekriek, kriek, kriek ...

 

Ons tak het groot pret gehad met die probeerslae om met die Chinese stokkies te eet. Die aand is afgesluit met tee (lekker boeretee) en “bow-ties”.

 

Beriggewer: Soekie Hauptfleisch
 

 

 

 

 

 

 

 



Posted on 15 November 2010

Die VLV Kimberley tak het ‘n “amazing race” deur Kimberley se strate aangebied. 

 

Elke motor wat ingeskryf het, het ‘n boekie en ‘n kaart ontvang met riglyne van watter plekke om te besoek en wat daar moet gebeur.  Dertien spanne, waaronder gesinne, besighede, vriende en VLV vroue, het aan die kompetisie deelgeneem. 

 

Elke span moes hulle roete fyn beplan en sorg dat hulle die vrae by elke punt korrek beantwoord.  Party het maar gesukkel om vir 5 minute fiets te trap by Virgin Active en dit was nie so maklik om die skoenwinkel by die Oop myn op te spoor nie.  En waar is die Halfway House en Cecil John Rhodes se standbeeld nou weer?

 

Dit was groot pret en ‘n goeie geleentheid om verskillende historiese plekke in Kimberley te leer ken.  Die wenspan (‘n jong span van PWC) het binne ‘n uur al die plekke besoek en die vrae reg beantwoord.  Hulle het ‘n naweek vir 6 persone in die Witsand Natuurreservaat gewen.

 

Die aand is afgesluit met ‘n lekker mandjiedans in die Regimentsaal.

 

Beriggewer: Soekie Hauptfleisch

 

 

 

 Deelnemers by die standbeeld van Sol Plaatjie.

 

 

 

 Die Koekemoer gesin gooi R10 se brandstof in.

 

 

 

Ma en dogter span by Cecil John Rhodes gastehuis.


 

 

Op die trem by die Oop Myn.

Categories