Posted on
15 May 2011
Portefeulje: Opvoeding & Kultuur
Niek van Zyl, 'n bekende historikus en versamelaar van ou gebruiksartikels, was gasspreker tydens Kimberley-Wes se vergadering. Hy het 'n paar stukke uitgestal om ons te herinner aan die bekende ou kombuisartikels uit ons oumagrootjie en ouma se leeftyd. Hy het ook aan die hand van 'n vrou, Johanna, wat tydens die tyd van die VOC aan die Kaap gewoon het, vertel van die leefwyse in daardie tyd.
Dat sy o.a. lief was vir onthaal en dat die tafels gekreun het van die lekkernye by elke geleentheid, hetsy 'n tee of 'n ete. Vertellings het ingesluit die maak van botter, kerse en selfs kinderskoentjies van leer, waarvan hy 'n paar gewys het as voorbeeld. Interessant was ook die groot, swaar broodsnyer wat jare gelede in gebruik was. Asook 'n oblietjiepan waarmee klein, ronde "plaatkoekies", iets soos "brandy snaps", gemaak is. Mooi fatsoentjies het die deeg versier. Sien foto.
Niek van Zyl aan die woord.

Marlene de Necker, saamroeper saam met Niek.

Lena van der Watt, 'n stigsterlid van die tak, sê dankie.

Posted on
02 June 2010
Kimberley-Wes tak het op die 28ste Mei 'n pragtige aand met musiek as hoofdis aangebied. Die geleentheid was hoofsaaklik om fondse vir Kongres uitgawes te in.
Die gaste is verwelkom met ligte klassieke musiek uitgevoer deur vier persone van die Kimberley Akademie vir Musiek.
Die kunstenaar van die aand was Teresa de Wit. Sy is ‘n mezzosopraan, tans verbonde aan die Kimberley Akademie vir Musiek en voorheen deel van die Black Tie Ensemble. Sy spog met 'n lang lys van optredes in verskeie operas in die buiteland en Suid-Afrika. Ons was dus baie bevoorreg om na haar te kon luister.
Die persone op die foto is Mari Wilmans, voorsitter van K-W, Dr Charl de Witt, hoofborg van die aand, sangeres Teresa de Wit en Louise Botma, organiseerder van die aand. Die tak is baie dank aan haar verskuldig vir puik reëlings.

Posted on
28 October 2009
Hiermee 'n paar foto's van Kimberley-Wes se feesoggend. Die gesellige samesyn met ons lede en die lede van Kimberley tak was 'n baie spesiale geleentheid.

Feestafel gedek deur Annalie Cronselaar

Tannie Drieka Heiberg, Kimberley tak lid

Lede Marlene Bruwer, Marie Dreyer en Hannie Boshoff

Lena vd Watt, oudste lid vd tak; Pauline v Zyl; Miemie Steenkamp

3 laerskool dogters op blokfluite, Kimberley tak se item

Ons weergawe en wenner van "mev 1929". Vicky Pretorius