Posted on
04 April 2011
Kirkwood is nie net die sitrus hoofstad van die Oos-Kaap nie, dit is ook ‘n dorp waar die Evas baie kunstig, kreatief en vlytig met die hande is.
Op gegewe Saterdagoggende kom ma’s en dogters in die rolbalklub bymekaar om ‘n nuwe handvaardigheid aan te leer en ‘n nuwe handvlyt item te bemeester.
Die handvlyt oggende is afgeskop met kegelvormige kersversierings en kersfeesballe. Mosaïek hartvorms, mosaïekballe en lapblomme is maar ‘n paar van die vaardighede wat die dames al bemeester het. Sommer met die eerste bymekaarkoms was daar al 26 belangstellendes, lede asook nie-lede.
Oud en jonk – net 16! – doen lustig mee en die handvlyt-sessies het al ‘n instelling geword in Kirkwood.



