Posted on
09 November 2010
Charmaine Pio het aan Kraaifontein se dames al die verskillende artikels wat sy gemaak het van herwonne materiaal, afvalstukkies lap en glas kom wys. Lede wys ook hul eie kreatiwiteit in die vorm van selfgemaakte geskenkies.
Beriggewer: Emmie Le Roux


Posted on
15 September 2010

Mev. S. Thoornburn, sameroepster van Gesondheid, saam met Sanet Verster, 'n sielkundige, wat gepraat het oor bipolêre depressie.
'n Ouer moet let op die gedrag van 'n tiener as hul eet patrone, slaappatrone en konsentrasie vermoë drasties verander het, asook as hulle hul gedagtes oor selfmoord uitspreek. Verandering in gewig, slaappatrone, verlies aan energie, hoofpyne, spierpyne, versteurde visie en spysverteringsprobleme kan ervaar word in hierdie toestand. Rusteloosheid en aggressie kan ook intree. Sielkundige advies word voorgeskryf indien u kind sulke simptome openbaar.
Mev. Marie Louw, sirkelpresidente van Tygerberg, en Mev. Susan van Zyl kook en bedien kerrie en rys vir die lede, ter viering van hul verjaarsdae op 13 Augustus 2010.

Posted on
18 July 2010
Mev. Elizabeth Cloete sameroepster vir "Tuisteskepping" en haar seun Mnr. Johan Cloete wat 'n internasionale "Pastry Chef" is, het die oggend ons smaakknoppies kom trakteer met sjokolade en al sy vele gebruike.
Johan wat nou pas terug is van Amerika, het ons die fynere kunsies van hierdie lekkerny kom demonstreer, asook 'n paar van die internasionale tendense van sjokolade en ook wat alles gedoen kan word met 'n bietjie kreatiwiteit.
Gepaardgaande hiermee, het ons kennis gemaak met die wel bekende vanieljepeul (uitgedroog) en waarvoor hierdie veeldoelige plant als aangewend en gebruik kan word in voedselvoorbereiding ens. Voorwaardelik 'n geurvolle dag.
Beriggewer: Emmie le Roux


Posted on
27 May 2010
Kraaifontein tak het op 13 Mei 2010, hulle Landbou vergadering, aangebied deur Millie Swart, gehad.
Emmie le Roux sê: "Mnr. Eduart Swart, 'n fynproewer op die gebied van wyn, het ons meer kom leer omtrent die tegniek en fynere kuns van wyn proe. Ons dank aan Mnr. Louis Roos van Mooiplaas in Stellenbosch omgewing, wat dit moontlik gemaak het."

Posted on
04 May 2010
Mev. Anna Pretorius, lid van die tak, kom demonstreer haar stokperdjie, wat sy oor die jare vervolmaak het. Sy gebruik nou al tot Kunsmarkte om haar kaartjies uit te stal en ten toon te stel en gebruik dit ook as 'n platvorm om die kaartjies van die hand te sit.
